Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbok Angelo vrees nie Ierse blits nie
Die Blitsbokke se Angelo Davids skud ’n speler van Argentinië af tydens die Sydney-sewestoernooi. Foto: Getty Images

Die Blitsbok Angelo Davids is dalk die laaste maand die goue seun van sewesrugby, maar hy kom die naweek teen die Ierse drieëvraat Jordan Conroy te staan.

Suid-Afrika en Ierland bevind hulle saam met Kanada en Kenia in Groep B van die Los Angeles-sewestoernooi, wat Saterdag begin. Dit is die vyfde toernooi van die seisoen van die Wêreldreeks.

Die 20-jarige Davids het in die laaste toernooi, vroeër die maand in Sydney, Australië, met sy vaart en werkverrigting beïndruk. Hy kan boonop vleuel of haker speel en die agt drieë wat hy gedruk het, was die meeste daardie naweek – en hy is in die Droomspan ingesluit.

Maar Conroy (25), ’n vleuel, is nie jou speelmaat nie. Hy wys gereeld hakskene vir verdedigers, met sy 17 drieë wat die meeste die seisoen is.

Davids sê egter sy goeie vertoning in Sydney het nie na sy kop gegaan nie en dat hy nog minder fokus op sy tweestryd met die Ier.

My fokus is nie op hom nie, maar ek konsentreer daarop om net te doen wat coach (Neil Powell) van my vra.
Angelo Davids

“My fokus is nie op hom nie, maar ek konsentreer daarop om net te doen wat coach (Neil Powell) van my vra.

“Dit plaas nie druk op my nie. My fokus is op Los Angeles en my heel eerste wedstryd. Daar gaan net druk wees as ek die heeltyd aan Sydney terugdink.

“My spanmaats het dit vir my maklik gemaak om drieë te gaan druk. Dit is hul harde werk wat my in ’n goeie posisie geplaas het.

“Ja, dit was my mikpunt om die Droomspan te haal, maar al die krediet gaan aan my spanmaats,” sê Davids.

Hy het eers laat in 2019 tydens die Blitsbokke se afseisoen na haker geskuif. Met dié dat hy in Sydney as voor- en agterspeler uitgeblink het, het hy sy veelsydigheid onderstreep en Powell eintlik gedwing om hom te kies.

“Ek dink dit gaan goed met die oorgang na haker. Daar is nog klein dingetjies waaraan ek kan werk. My spanmaats is egter daar om vir my die kleiner details te wys wat ek nog nie verstaan nie of wat ek beter kan doen,” sê Davids.

* So lyk Jordan Conroy op volle vaart:

Meer oor:  Angelo Davids  |  Los Angeles  |  Suid-Afrika  |  Sewesrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.