Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbok-debuut wink vir Dayimani

Hacjivah Dayimani kan straks Vrydag by die Kaapstad-sewestoernooi sy debuut vir die Blitsbokke maak.

Hacjivah Dayimani, die afgelope naweek in aksie vir die Akademiespan in Doebai. Foto: Melissa Lear

Die 22-jarige Dayimani het hom vroeër vanjaar van die Leeus af by die Suid-Afrikaanse Sewes-akademie aangesluit.

Hy vervang Christi Grobbelaar, wat die afgelope naweek die plaasvervanger in die Dubai-toernooi was, in die groep.

Die verwagting is egter dat Dayimani wel in die 12-tal sal wees in die plek van Chris Dry of Ryan Oosthuizen.

Dayimani het die afgelope naweek vir die Akademiespan aan ’n uitnodigingstoernooi in Doebai deelgeneem, en Marius Schoeman, wat dié span as breier vergesel het, was agterna ingenome met die jongeling se vertoning.

Daar kan meer veranderinge wees, afhangende van die uitslag van die mediese ondersoeke wat die spelers ondergaan.

Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, wys Donderdag sy finale groep aan.

Meer oor:  Hacjivah Dayimani  |  Sewes  |  Leeus  |  Blitsbokke  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.