Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbok se Spele-droom aan skerwe

’n Enkelbesering het die Blitsbok Mfundo Ndhlovu se drome verydel om Suid-Afrika volgende maand op die Olimpiese Spele te verteenwoordig.

Mfundo Ndhlovu en ’n Engelse speler ding in die Hongkong-sewestoernooi in 2018 om die bal mee. Foto: Getty Images

Ndhlovu (24), ’n boorling van Standerton, het die besering op die Blitsbokke se oefenkamp, wat die naweek in Johannesburg ten einde geloop het, opgedoen.

Mediese ondersoeke Maandag in Kaapstad het bevestig dat Ndhlovu uit die wedloop is vir wêreld se grootste sportgebeurtenis, wat op 23 Julie in Japan begin.

Neil Powell, afrigter van die nasionale sewesspan, sê in ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie sy hart bloei vir Ndhlovu, wat ook ’n operasie sal moet ondergaan.

“Hy was uitstaande in die wedstryde in Johannesburg. Ek het die spelers voor die laaste deel van ons voorbereiding gevra om dit vir my onmoontlik te maak om hulle nie vir Tokio te kies nie. Mfundo het dié uitdaging met albei hande aangegryp het,” sê Powell.

Ndhlovu het meegeding met spelers soos die kaptein, Siviwe Soyizwapi, en Muller du Plessis om as vleuel die groep na Tokio te haal. Ten spyte van die terugslag belowe Ndhlovu dat hy weer vir die Blitsbokke sal uitdraf.

“Dit voel asof ek baie mense in die steek gelaat het, maar beserings gebeur maar, hoewel dit nie die teleurstelling minder maak nie,” sê Ndhlovu.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en die Olimpiese Komitee sal Donderdag die name aankondig van 17 Blitsbokke waaruit die finale groep vir die Spele aangewys sal word.

Die finale groep van 12 spelers en twee plaasvervangers sal aangekondig word kort voordat die Blitsbokke op 12 Julie na Japan vertrek.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Sewes  |  Blitsbokke  |  Mfundo Ndhlovu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.