Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gesond eet en sweet op Blits se spyskaart
Die Blitsbok Muller du Plessis verlede seisoen in aksie teen Samoa in die Parys-sewestoernooi in Frankryk. Foto: Wêreldrugby

Moenie alleen voel indien jy gedurende die staat van inperking ’n stryd voer om gesond te eet nie, want vir minstens een Blitsbok blyk dit ook ’n uitdaging te wees.

Muller du Plessis is tydens die inperking in die Suid-Kaap saam met van sy familielede, waar hy sweet om reg te wees vir wanneer die sewesrugby-seisoen weer gaan hervat.

“Ek gebruik die tyd om met ons weerstandbande te oefen en gebruik gewone keëls om my vaardighede te verbeter. Die grootste uitdaging is egter om gesond te eet in die tydperk.

“Ek bestee tyd saam met my familie en speel met my sussie- (Salume) hulle se kinders. Dan oefen ons ook daagliks saam as ’n familie (sy pa, Charl, het in sy speeldae vir onder meer die destydse Transvaal uitgedraf) en ek lees ook tussendeur ’n boek,” sê Du Plessis.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het twee heeltydse dieetkundiges in diens, wat na al die nasionale spanne se eetplanne kyk en aanbevelings doen.

Maar die 20-jarige Du Plessis, wat op vleuel of senter kan speel, weet dat hy nie kan slaplê of te veel aan lekkernye moet weglê nie.

Net op vleuel is daar kwaai mededinging met spelers soos die kaptein, Siviwe Soyizwapi, en Angelo Davids, wat almal ’n kleim afsteek vir daardie posisie. So daardie tweede sny koek kan maklik teen ’n baie duur prys kom.

Die Blitsbokke is egter al ’n rapsie langer as die meeste Suid-Afrikaners in inperking. Kort nadat hulle vroeg in Maart van die Kanada-sewestoernooi teruggekeer het, moes die span 14 dae in selfisolasie deurbring. Dit was skaars verby, toe word die nasionale staat van inperking aangekondig.

Hoewel dit ’n onsekere tydperk vir ons almal is, is dit belangrik vir my om positief te bly en op God te fokus en te vertrou.
Muller du Plessis

“Ek mis wel die natuur en die buitelewe, asook om tyd saam met my vriende te kan deurbring. Ek het geleer in dié tyd dat God altyd in beheer is en jy as mens niks meer kan doen as om op hom te vertrou nie.”

Du Plessis se broer, JP, self ’n bekende rugbyspeler wat voorheen vir plaaslike spanne soos die Southern Kings en die Westelike Provinsie uitgedraf het, is tans in Amerika. Hy is by die San Diego Legion, ’n span wat in die Major League Rugby meeding, gekontrakteer.

Meer oor:  Muller Du Plessis  |  Koronavirus  |  Sewes  |  Blitsbokke  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.