Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbok Ryan se boodskap aan breier

Dit is nie blote toeval dat Ryan Oosthuizen die afgelope naweek een van die Blitsbokke se uitblinkers in Doebai was nie – hy moes immers ’n paar maande gelede ’n bitter pil sluk.

Oosthuizen (24) is verlede jaar ná die Kaapstad-toernooi uit die Suid-Afrikaanse sewesspan gelaat en moes veg om sy plek terug te kry.

Ryan Oosthuizen die afgelope naweek in aksie by die Doebai-sewestoernooi. Foto: Getty Images

Die afgelope naweek het hy egter ’n ondubbelsinnige boodskap aan Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke gestuur: Ek is ernstig oor my plek in die span.

Want Oosthuizen, ’n voorspeler, het letterlik sy lyf op die spel geplaas en nie geskroom om duikslae uit te voer nie. Maar dit is die aantal kere wat hy omkeerbesit vir sy span gewen het, wat die tonge los gehad het.

“Om die bal terug te wen vir ons span is deel van die voorspelers se werk, so ek probeer net die span help op watter manier ek ook al kan. Ons het baie oefening ingesit om balle by teenstanders te steel.

“Ek het verlede jaar nie die beste begin tot die seisoen gehad nie en wou seker maak ek begaan nie weer dieselfde foute nie. Ek het myself letterlik gedruk om beter te speel as voorheen,” sê Oosthuizen.

Hy was die afgelope naweek in Doebai in al ses die Blitsbokke se wedstryde in die beginspan. Hy ding mee met iemand soos die talentvolle JC Pretorius, maar sê die mededinging bring die beste in hom na vore.

“Dit motiveer my beslis, ek het hard gewerk om weer die span te haal en gaan dit nie maklik maak vir enige speler om my plek te neem nie.

“Dit is ’n groot eer om vir die span te speel, iets wat ek nie ligtelik opneem nie,” sê Oosthuizen.

Dié boorling van Stellenbosch kry die naweek in Kaapstad die geleentheid om te voort te bou op sy goeie spelpeil en te wys dat sy vertoning verlede jaar in die Moederstad net ’n glipsie was.

Ná die Blitsbokke se goeie vertoning in Doebai sal daar ekstra druk van ondersteuners wees, wat hoë verwagtinge van die span koester.

“Ek sien baie uit om voor ons tuisskare te speel. Dis ’n voorreg en iets waaroor ek al van kleintyd af droom.

“Ons fokus is op onsself en wat ons moet doen om suksesvol te wees. Daar gaan altyd druk wees as jy vir jou land speel. Hoe jy daardie druk hanteer, is wat gaan bepaal of jy suksesvol gaan wees of nie,” sê Oosthuizen.

Meer oor:  Sewes  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.