Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke deel nog slae uit in Singapoer

Ná ’n effens onsekere begin het die Blitsbokke hul ritme gevind in hul tweede groepwedstryd in die Sewestoernooi in Singapoer deur Kanada bloedneus te slaan.

Justin Geduld Foto: Gallo Images

Suid-Afrika het ses drieë ingeryg om Saterdag met 36-0 te wen.

In die eerste helfte het die Blitsbokke ’n hanteerfout of twee gemaak, terwyl die aangeë ook nie altyd sekuur was nie.

Suid-Afrika was egter in die tweede helfte ’n perd van ’n ander kleur, met Kurt-Lee Arendse wat gewys het dat hy weet hoe om teenstanders te systap.

Hy is met twee drieë beloon, maar die samespel tussen Justin Geduld en Selvyn Davids wat tot sy tweede gelei het, was iets om te aanskou.

Die Blitsbokke kan beslis hul laaste groepwedstryd om 13:28 teen Fidji met selfvertroue benader.

Puntemakers:

Suid-Afrika 36 (10): Drieë: Justin Geduld, Ryan Oosthuizen, Siviwe Soyizwapi, Kurt-Lee Arendse (2), Sakoyisa Makata. Doelskoppe: Branco du Preez, Selvyn Davids (2).

Kanada 0.

Meer oor:  Justin Geduld  |  Singapoer  |  Blitsbokke  |  Kanada  |  Sewesrugby  |  Sewesreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.