Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke deur na eindstryd in Kaap

Die Blitsbokke het hul plek in die eindstryd van die Kaapstad-sewestoernooi bespreek deur Frankryk Sondag in die halfeind te klop.

Suid-Afrika was met 21-14 baas.

Die Blitsbokke se Ruhan Nel. Foto: Gallo Images

Frankryk was eerste op die telbord danksy ’n drie deur Marvin O’Connor nadat die besoekers in Suid-Afrika se helfte van die veld geboer het.

Maar die Blitsbokke het geweet hulle moet punte kry voor rustyd. So, Ruhan Nel het net voor die fluitjie vir die water-breek geblaas het oorgeduik, met Justin Geduld wat die drie verdoel het.

Toe JC Pretorius kort ná rustyd deurdraf, het die Hane waarskynlik geweet die Kaap gaan hulle nie goedgesind wees nie. Want hierna was dit grootliks eenrigtingverkeer.

Toe Siviwe Soyizwapi kort voor die einde oorduik, was Franse ondersteuners in die Kaapstad-stadion ’n grootliks uitgewisse spesie.

Buiten die Blitsbokke se spoedvrate, is dit waarskynlik hul voorspelers wat die grootste werk doen.

Ouens soos Pretorius en Chris Dry doen ongelooflike werk om besit by die afbreekpunte te bewerkstellig. Ongelukkig het Dylan Sage homself reg teen die einde ’n geelkaart op die lyf geloop.

* Die Blitsbokke kom in die eindstryd om 18:56 teen Nieu-Seeland te staan. Die Kiwi's het Fidji in die ander halfeindstryd met 24-7 geklop. 

Puntemakers:

Suid-Afrika 21 (7): Drieë: Ruhan Nel, JC Pretorius, Siviwe Soyizwapi. Doelskoppe: Justin Geduld (3).

Frankryk 14 (7): Drieë: Marvin O’Connor, Jonathan Laugel. Doelskoppe: Jean-Pascal Barraque, Paulin Riva.

Meer oor:  Frankryk  |  Sewes  |  Blitsbokke  |  Halfeindstryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.