Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke deur na halfeind in Doebai

Die Blitsbokke het hul plek in die halfeindstryd van die Doebai-sewestoernooi bespreek deur Argentinië Saterdag in die kwarteindstryd te klop.

Die Blitsbok Ryan Oosthuizen. Foto: Getty Images

Suid-Afrika het twee drieë gedruk om met 12-5 te wen.

Vir die soveelste keer die naweek in die Woestynstad was Rosko Specman die Suid-Afrikaners se groot uitblinker. Wanneer hy die bal gehad het, het die Argentyne nie geweet wat hulle tref nie.

Ryan Oosthuizen verdien ook vermelding. Hy het ’n stewige vertoning gelewer en weer soos Vrydag in die groepwedstryde omgekeerde besit vir die Blitsbokke bewerkstellig.

Ook Ruhan Nel het besit by Argentinië gesteel en sterk op die verdediging vertoon.

Tog het Suid-Afrika ’n hele paar strafskoppe afgestaan, iets wat teen sterker teenstand hom duur te staan kan kom. Die Blitsbokke kom om 13:22 teen Samoa in die halfeind te staan. Die Samoane het Australië met 19-14 in dié twee spanne se kwarteindstryd geklop

* Puntemakers:

Suid-Afrika 12 (12): Drieë: Justin Geduld, Rosko Specman. Doelskop: Geduld

Argentinië 5 (0): Drie: German Schulz.

* In die ander wedstryde in die kwarteindronde het Engeland Frankryk met 19-12 geklop, terwyl Nieu-Seeland Amerika met 26-5 afgeslag het. Die Engelse en Kiwi's is in die ander halfeind om 13:00 slaags.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.