Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke die keer Aussies se tier

Dit was so hittete of Australië het die Blitsbokke ’n tweede agtereenvolgende week geklop.

Werner Kok Foto: Getty Images

Suid-Afrika het die Aussies Saterdag naelskraap met 19-17 in hul laaste groepwedstryd by die sewestoernooi in Parys geklop.

Met die oorwinning het die Blitsbokke eerste in hul groep geëindig, en kom nou Sondag om 12:34 teen Samoa in die kwarteindronde te staan.

Suid-Afrika was teen die Aussies vroeg met 14-0 voor, voordat die hy twee drieë kort voor rustyd afgestaan het. Wat effens kommerwekkend is, is dat die Blitsbokke ’n duikslag of twee verbrou het, en ook ’n keer omgekeerde besit afgestaan het.

JC Pretorius se lopie toe hy afgesit het om te gaan druk, was ’n lus vir die oog. Hy is sterk en het hom letterlik deur ’n Aussie se verdediging gedwing.

Puntemakers:

Suid-Afrika 19 (14): Drieë: Justin Geduld, JC Pretorius, Impi Visser. Doelskoppe: Branco du Preez (2).

Australië 17 (10): Drieë: Matthew Hood, Maurice Longbottom, William Maddocks. Doelskop: Lewis Holland.

Meer oor:  Parys  |  Sewesreeks  |  Blitsbokke  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.