Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke draf Uganda kaf in Stellenbosch

Die Blitsbokke het haastig uit die blokke weggespring in hul eerste wedstryd in ’n toernooi in Stellenbosch as voorbereiding vir die Olimpiese Spele deur Uganda dronk te hardloop.

Die Blitsbok Justin Geduld het die skopvoet gereeld teen Uganda ingelê. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaners (SA 1) het ses drieë gedruk om die Ugandese Vrydagoggend met 38-5 te klop.

Daar was ’n hele paar stukke goeie spel aan die kant van die Suid-Afrikaners – soos hul eerste drie, deur Siviwe Soyizwapi, ná goeie samespel tussen hom en Impi Visser.

Ook op die verdediging het die Blitsbokke goed gevaar, soos toe Ruhan Nel by geleentheid die bal uit die hande van ’n speler van Uganda gepluk het om balbesit vir die tuisspan te verseker.

In die tweede helfte het daar ’n keer of wat ’n aangee verlore gegaan aan die kant van die Blitsbokke.

Nog kenmerke van die tuisspan se oorwinning was dat Justin Geduld ’n hele paar keer die skopvoet ingelê het en dat Visser by die afbreekpunte goeie spel gelewer het.

Vroeër Vrydag het SA 2 Uganda gerieflik met 28-7 geklop, maar daarna teen Kenia verloor (12-19).

• Die Blitsbokke se volgende wedstryd is om 14:10 teen Kenia.

Meer oor:  Sewes  |  Uganda  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.