Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke: Dubai nie net negatief

Een van die min Blitsbokke wat sy kop omhoog kan hou ná die afgelope naweek se sewestoernooi in Dubai, is die jong Muller du Plessis.

Muller du Plessis verlede seisoen in Hongkong teen Nieu-Seeland in aksie. Foto: Gallo Images

Dié 19-jarige, wat verlede seisoen sy buiging vir die Suid-Afrikaanse sewesspan gemaak het, het ses drieë in die eerste toernooi van die nuwe Wêreldreeks-seisoen gedruk. Hy is een van vier spelers wat ses drieë gedruk het, met die Argentyn Marcos Moroni (sewe drieë), wat boaan die lys is.

“Die toernooi in Dubai was lekker. Ek is tevrede met my vertoning, maar ’n ou kan altyd verbeter en meer leer met elke toernooi. Ek is bly om speeltyd te kry en probeer om elke oomblik te geniet,” het Du Plessis sy benadering verduidelik.

“Ons sien baie uit om dié week tuis te speel; die ondersteuning is regtig ongelooflik en dit sal regtig lekker wees om voor ons families te speel.”

Nie dat die Blitsbokke dit maklik die naweek in Kaapstad gaan hê nie. Behalwe vir die feit dat hulle saam met Nieu-Seeland in dieselfde groep geloot is, kon hulle in 2015 laas in die Moederstad wen.

Boonop het Suid-Afrika se vertoning die afgelope naweek kwalik die span se selfvertroue ’n hupstoot gegee.

Maar die Blitsbok Siviwe Soyizwapi sê die span sal verseker dat die foute wat gemaak is nie herhaal word nie.

“Ek dink die afrigters het gaan sit en die wedstryde ontleed, maar ons as ’n span gaan ook ’n vergadering hou om te gesels oor waar ons kan verbeter.

“Ons sal beslis op die positiewe aspekte fokus, want daar was dinge wat ons goed gedoen het,” sê Soyizwapi.

Rosko Specman, wat in Kaapstad ’n laaste keer vir die Blitsbokke in aksie gaan wees voordat hy hom by die Bulle aanmeld, sê dié naweek gaan oor herinneringe.

“Die naweek is belangrik, nie net vir die span nie, maar ook vir my. Ek wil seker maak ek het goeie herinneringe hierdie naweek, maar ek moet net uitgaan en myself geniet.

“Ons moet elke teenstander respekteer. As daar ’n geleentheid is om ’n uitklophou te plant teen ’n span, moet ons dit doen.”

Meer oor:  Sewesrugby  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.