Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke en Kiwi’s in eindstryd
Suid-Afrika se Rosko Specman. Foto: Getty Images

Die Blitsbokke het hul plek in die eindstryd van die Doebai-sewestoernooi bespreek deur Samoa Saterdag in die halfeind af te ransel.

Suid-Afrika het ses drieë ingeryg om met 38-5 te wen – en gewys dat hy in Dubai is om te wen.

Die Samoane het duidelik gedink hulle gaan die Suid-Afrikaners met ’n fisieke aanslag aandurf, maar toe word vuur met vuur beveg. Want Zain Davids en Chris Dry het Samoa van hul eie medisyne gegee. Eintlik net honderd maal erger.

Wanneer die Blitsbokke die bal gehad het, het dit omtrent elke keer op ’n drie uitgeloop. En weer eens was Rosko Specman die spil waarom die wenspan gedraai het.

Suid-Afrika kom nou in die eindstryd teen Nieu-Seeland, die verdedigende kampioen, in Doebai te staan. Die Kiwi’s het Engeland in die ander halfeind met 19-12 geklop.

Die eindstryd word om 17:02 beslis.

* Puntemakers:

Suid-Afrika 38 (19): Drieë: Zain Davids, Chris Dry, Siviwe Soyizwapi, Ruhan Nel, Seabelo Senatla, Selvyn Davids. Doelskoppe: Justin Geduld (2), Selvyn Davids (2).

Samoa 7 (7): Drie: Paul Scanlan. Doelskop: Tomasi Alosio.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.