Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke gaan druk in Kaap voel

Ná die Blitsbokke se klinkende oorwinning die afgelope naweek in die Dubai-sewestoernooi gaan daar nou ekstra druk op die span wees om sukses in Kaapstad te behaal.

Suid-Afrika het Nieu-Seeland Saterdag met 15-0 in die eindstryd in Dubai geklop en sal oorloop van selfvertroue vir die Kaapstad-toernooi, wat Vrydag begin.

Die Blitsbokke nadat hulle Saterdag as kampioen op die Dubai-sewestoernooi gekroon is. Foto: Getty Images

“Dit was ’n baie spesiale vertoning wat die manne gelewer het. Die spelers het beslis die laaste ruk gegroei,” sê Jonathan Mokuena, ’n voormalige Blitsbok-kaptein.

“Suid-Afrika begin oor die algemeen goed in Dubai, maar nou gaan die uitdaging wees om die druk te hanteer. Neil (Powell, afrigter van die Blitsbokke) het dit reggekry om die ouens te laat glo in die trui.”

Voor ’n volgepakte Kaapstad-stadion kan die Blitsbokke maar weet daar gaan hoë verwagtinge van hulle gekoester word. Sedert die toernooi vir die eerste keer in 2015 in die Moederstad gehou is, kon Suid-Afrika nog net daardie eerste jaar daarin slaag om as kampioen gekroon te word.

“Ons weet nou die Blitsbokke kan aanval en verdedig. Nou gaan hulle egter nog ekstra druk moet hanteer.

Daar gaan nou nog ’n paar duisend ekstra mense wees wat die Blitsbokke ondersteun.
Jonathan Mokuena

“Daar gaan nou nog ’n paar duisend ekstra mense wees wat die Blitsbokke ondersteun. Mense soos die oom en tannie by die huis wat die aksie op televisie volg en nie gewoonlik rugby kyk nie,” sê Mokuena, wat die Suid-Afrikaanse sewesspan tussen 2005 en 2008 verteenwoordig het.

Die Blitsbokke se verdediging is reeds die afgelope klompie jare een van hul sterkpunte, maar in die Woestynstad het hulle boonop met ’n speler soos Rosko Specman aan die spits op die aanval uitgeblink.

Maar die rol van werkesels voorlangs soos Ryan Oosthuizen en Chris Dry kan nie misgekyk word nie. Oosthuizen het sy lyf op die spel geplaas en vir ’n vale omgekeerde besit bewerkstellig en Dry was ook nie skaam om sy lyf op die spel te plaas nie.

Die Blitsbok Rosko Specman, hier in aksie teen Samoa in die halfeindstryd in Dubai, het verdedigers die hele naweek slapelose nagte besorg. Foto: Getty Images

Nog ’n oud-Blitsbok, MJ Mentz, wat deesdae hulpafrigter by die Pumas is, sê met die oorwinning is dit duidelik dat sewesrugby in Suid-Afrika kerngesond is.

“Die ouens speel beslis vir mekaar. Ons het nog nooit die grootste spelers (fisiek) gehad nie, maar dit keer die spelers nie. Daar is ’n gees en eenheid in die span.

“Ek was verlede Vrydag by die span se oefening in Stellenbosch en dit het vir my uitgestaan.

“Die ander ding is dat daar onderlinge kompetisie vir plek in die span is, so die ouens druk om hul plek in die span te behou,” sê hy.

Wat betref die goeie verdediging sê Mentz, wat die Blitsbokke tussen 2007 en 2011 verteenwoordig het, dít is wat die deurslag gee.

“In die eindstryd was dit duidelik dat ons gaan wen as gevolg van ons verdediging. Om goed op die aanval te wees wen vir jou wedstryde, maar goeie verdediging wen vir jou toernooie,” sê Mentz.

Meer oor:  Kaapstad  |  Mj Mentz  |  Jonathan Mokuena  |  Sewesrugby  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.