Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke gaan huil oor ‘Specmagic’
Rosco Specman ontglip ’n Nieu-Seelandse verdediger in die eindstryd van die Dubai-sewestoernooi. Foto: Getty Images

Daar gaan lang trane in die Blitsbok-kamp gehuil word wanneer Rosko Specman hom ná aanstaande week se Kaapstad-sewestoernooi weer by die Bulle aansluit.

Dié 30-jarige Specman was een van die uitblinkers in die Suid-Afrikaanse sewesspan wat Saterdag die Dubai-sewestoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate gewen het.

Die Blitsbokke het Nieu-Seeland in die eindstryd met 15-0 geklop om die seisoen op ’n hoogtepunt te begin.

Dit was die eerste keer sedert Desember 2018 dat Specman die Blitsbokke in Wêreldrugby se sewesreeks verteenwoordig het. Maar dit het gelyk of hy nooit weg was nie. Hy het verdedigers aan die raai gehou en met vaart en systappies ’n sleutelrol in Suid-Afrika se oorwinning gespeel.

Wel, sy goeie vertonings het nie ongesiens verbygegaan nie, want hy is as Speler van die Eindstryd aangewys. Maar dit is nie al nie, hy is ook in die eerste toernooi se Droomspan ingesluit – die enigste Suid-Afrikaner wat dié prestasie kon vermag.

Dit is dan ook te verstane dat hy die speler was wat die grootste impak in die Woestynstad gelewer het.

In Pretoria glimlag Pote Human, afrigter van die Bulle, breed oor Specman se goeie vertoning. Human sal hoop dat ‘Specmagic’ – soos hy onder ondersteuners bekend staan – daardie goeie spelpeil in die Superrugby-reeks kan voortsit.

“Ons gaan hom baie nodig kry en ja, hy lyk fiks en gesond en lus om rugby te speel,” sê Human.


Meer oor:  Pote Human  |  Rosko Specman  |  Superrugby  |  Doebai-Sewestoernooi  |  Blou Bulle  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.