Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke het bottervingers in eerste stryd

Suid-Afrika se sewesspan het Vrydagoggend so ’n bietjie van ’n slordige begin tot die verdediging van sy Wêreldreeks-titel in Dubai gemaak.

Ruhan Nel. Foto: Gallo Images

Die Blitsbokke het Uganda met 19-10 in ’n teleurstellende eerste wedstryd in die Sevens-stadion geklop.

Die hanteerwerk en besluitneming was nie soortgelyk aan die hoë standaarde wat verlede seisoen gehandhaaf is nie, terwyl hul gebruiklike rotsvaste verdediging oopgevlek is deur ’n Ugandese span wat in vorige kragmetings nooit ’n drie teen Suid-Afrika kon druk nie.

Suid-Afrika het teen die rustyd met 14-0 voorgeloop ná verdoelde drieë deur Ruhan Nel en Philip Snyman. Die voorsprong moes egter veel groter gewees het, met die Blitse se voorste driedrukker, Seabelo Senatla, wat die bal twee keer aangeslaan het met ’n oop doellyn in sig.

Uganda het vroeg in die tweede helfte die Blitsbokke se foute uitgebuit, met Solomon Okia wat in die regterhoek oorgeduik het vir ’n onverdoelde drie.

Suid-Afrika het egter seker gemaak van die oorwinning toe Tim Agaba die Blitse se derde vyfpunter gaan druk het.

Uganda sou egter die laaste sê in die kragmeting hê, met Philip Wokorach, wat ’n goeie beweging vir sy span se tweede drie afgerond het.

Suid-Afika se tweede wedstryd teen Kenia word om 12:34 beslis en ’n taaier toets kan verwag word, met die Keniane wat Kanada oortuigend met 29-15 geklop het.

* Al die aksie van die Dubai-toernooi word regstreeks op SuperSport 1 uitgesaai.

Puntemakers: Suid-Afrika 19 (14): Drieë: Ruhan Nel, Philip Snyman, Tim Agaba. Doelskoppe: Branco du Preez (2).

Uganda 10 (0): Drieë: Solomon Okia, Phillip Wokorach.


Meer oor:  Philip Snyman  |  Seabelo Senatla  |  Ruhan Nel  |  Dubai  |  Sewes  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.