Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke hol Kanadese dronk in 2de stryd

Ná ’n kwalik oortuigende eerste helfte, het die Blitsbokke teruggekom en Kanada Saterdag in hul tweede wedstryd by die sewestoernooi in Londen vermorsel.

Werner Kok / Foto: Getty Images

Suid-Afrika het sewe drieë gedruk om met 45-14 koning te kraai nadat die telling teen rustyd 14-elk was.

In daardie eerste helfte het die kaptein, Siviwe Soyizwapi, ’n slag ’n duikslag verbrou, terwyl die Kanadees Luke McCloskey verby Impi Visser geseil het om te gaan druk.

In die tweede helfte was die Blitsbokke egter op hul stukke. Einste Soyizwapi het ’n slag omgekeerde besit bewerkstellig wat tot punte vir sy span gelei het.

Toe Selvyn Davids in die doodsnikke vir die Blitsbokke gaan druk, het jy geweet daardie eerste helfte was ’n glipsie, wat nie die einde van die wêreld is nie.

Die Blitsbokke se laaste wedstryd van die dag is om 18:32 teen Argentinië. Die Argentyne het vroeër teen Kanada verloor (12-14), maar Japan daarna met 36-7 geklop.

*Puntemakers:

Suid-Afrika 45 (14): Drieë: Werner Kok (2), Kurt-Lee Arendse, Siviwe Soyizwapi, JC Pretorius, Impi Visser, Selvyn Davids. Doelskoppe: Branco du Preez (2), Davids (3).

Kanada 14 (14): Drieë: Matt Mullins, Luke McCloskey. Doelskoppe: Nathan Hirayama (2).

Meer oor:  Sewesrugby  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.