Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke kan Sondag vir seker ‘vlieg’

Hou die Blitsbokke Sondag by die wedstrydplan in die uitspeelrondes van die sewestoernooi in Singapoer, kan die span dit ver bring, sê Suid-Afrika se hulpafrigter, Renfred Dazel.

Leeuplesier! Sakoyisa Makata op pad na sy drie teen Kanada in Singapoer. Foto: Getty Images

Die Blitsbokke het Saterdag, op die eerste dag, oor die algemeen met drie afgeronde vertonings teen Skotland (36-10), Kanada (36-0) en Fidji (17-7) vorendag gekom om die dag onoorwonne af te sluit.

Een van die verblydendste aspekte was die vertoning van jongelinge soos Kurt-Lee Arendse en Sakoyisa Makata wat op hul gemak gelyk en met selfvertroue gespeel het.

“Ons is baie gelukkig met die vertoning en die energie wat die jong spelers gebring het. Ons het geweet hulle (Fidji) gaan die wedstryd jaag ná hul nederlaag teen Skotland (12-19).

“Maar ons plan van hoe ons wou speel het, het vir ons uitgewerk,” sê Dazel.

Suid-Afrika kom nou Sondagoggend in die kwarteindronde te staan teen Samoa, wat tweede in Groep D geëindig het. En hoewel die Blitsbokke knap vertoon het, sal dit hulle loon om nie die kar voor die perde te span nie. Hulle moet weet hulle sal Sondag selfs beter moet vertoon.

“Ons vertoning vandag (Saterdag) was basies dieselfde as in Hongkong (verlede naweek), en in daardie kwarteindronde het ons teen Amerika (12-21) verloor.

“Daar het ons net ’n bietjie van ons wedstrydplan afgewyk. As ons egter môre by ons plan hou, dink ek kan ons dit deurtrek,” sê Dazel, wat ’n fisieke stryd teen Samoa verwag.

Slaag Suid-Afrika daarin om die Samoane ore aan te sit, kom hy in die halfeindronde teen die wenner van die kwarteind tussen Amerika en Argentinië te staan.

Dit is natuurlik ’n pluspunt dat geeneen van die spelers ná die eerste dag met skete en kwale sukkel nie.

Slaag die Blitsbokke daarin om hul voete op die grond te hou, gefokus te bly en foute te vermy, is glorie straks Sondag binne hul bereik.

* Sondag se kwarteindstryde: 05:30: Suid-Afrika t. Samoa, 05:52: Amerika t. Argentinië, 06:14: Nieu-Seeland t. Fidji, 06:36: Australië t. Engeland (alles regstreeks op SS 1).

Meer oor:  Renfred Dazel  |  Singapoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.