Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke kan wraak neem teen Aussies

Die Blitsbokke kry Saterdag die geleentheid om wraak te neem wanneer hulle en Australië swaarde kruis in Wêreldrugby se sewesreeks in Parys.

Die Blitsbok Werner Kok probeer Australië se Jesse Parahi Sondag in Londen te keer. Foto: Getty Images

Die Aussies het Suid-Afrika die afgelope naweek in die kwarteindronde van die toernooi in Londen uitgeskakel, deur met 29-22 koning te kraai.

Nou bevind dié twee spanne hulle saam met Wallis en Kenia in Groep B vir die swanesang van die seisoen.

Suid-Afrika begin sy aanslag in Parys teen Wallis, waarna Kenia aan die beurt kom en die Blitsbokke hul eerste dag teen Australië gaan afsluit.

Slaag Suid-Afrika daarin om eerste in die groep klaar te maak, sal hy teen die span wat tweede in Groep C is, te staan kom. Dié groep bestaan uit Amerika, Kanada, Samoa en Spanje. Op huidige spelpeil sal dit of die Kanadese of die Samoane wees.

Die prentjie verander egter so bietjie indien die Blitsbokke tweede in hul groep eindig. Dan sal hulle in die kwarteindronde teen die wenner van Groep C te staan kom, wat waarskynlik Amerika sal wees.

Amerika is die afgelope naweek in die halfeind deur Fidji uitgeskakel. Dié twee spanne is in ’n verwoede stryd om in Parys as die Wêreldreeks-kampioen gekroon te word. Die Fidjiane is tans op 164 punte op die algehele puntelys, ’n kortkop voor die Amerikaners in die tweede plek op 162.

Indien die twee spanne albei eerste in hul groepe eindig, én die kwarteindronde oorleef, sal hulle weer in die halfeindronde slaags wees. So ’n kragmeting sal sonder twyfel die hoogtepunt van die naweek wees, met die wenner wat as reekskampioen gekroon sal word.

* Die loting vir Parys: A: Fidji, Ierland, Engeland en Argentinië; B: Australië, Suid-Afrika, Wallis en Kenia; C: Amerika, Kanada, Samoa en Spanje; D: Frankryk, Nieu-Seeland, Skotland en Japan.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Parys  |  Blitsbokke  |  Aussies  |  Londen-Sewestoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.