Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke klap Kiwi’s deurmekaar

Dit was ’n katgeveg soos min, maar die Blitsbokke het genoeg gedoen om Nieu-Seeland Saterdag in die eindstryd van die Dubai-sewestoernooi te klop.

DUBAI, UNITED ARAB EMIRATES - DECEMBER 07: Rosco S
'n Uitbundige Rosko Specman nadat die Blitsbokke gewen het. Foto Getty

Suid-Afrika het die Kiwi’s in ’n intense wedstryd met 15-0 geklop.

Dit was die eerste keer in die geskiedenis van die toernooi dat Nieu-Seeland nie ’n enkele punt in die Beker-eindstryd kon aanteken nie.

In die eerste helfte het die Nieu-Seelanders soos tiere verdedig en Zain Davids verhoed om te druk nadat hy oor die doellyn was.

Teen rustyd was die wenspan naelskraap met 5-0 voor, maar het ná die omdraaislag die oorwinning verseker.

Rosko Specman en Seabelo Senatla het weer hul klas onderstreep en gewys dat hulle oor die X-faktor beskik om ’n wedstryd omtrent eiehandig te wen.

Die Kiwi’s het in 2018 die titel gewen, nadat die Suid-Afrikaners die vorige twee jare met die louere weggestap het.

* Puntemakers:

Suid-Afrika 15 (7): Drieë: Siviwe Soyizwapi, Chris Dry, Seabelo Senatla.

Nieu-Seeland 0.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.