Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke klop Wallis met 22-7 in Parys

Suid-Afrika is oor sy eerste hekkie by die sewestoernooi in Parys, nadat hy Wallis in sy eerste wedstryd Saterdag geklop het.

Branco du Preez Foto: Getty Images

Die Blitsbokke het vier drieë gedruk om met 22-7 te wen. Vir die grootste gedeelte van die eerste helfte het Suid-Afrika omtrent geen balbesit gehad nie, en was verplig om te verdedig. Dit het die verdedigende kampioen egter met onderskeiding gedoen.

Muller du Plessis het die Blitsbokke op die telbord gesit toe hy kort voor rustyd sy eie skop opgevolg het.

Die hoogtepunt was waarskynlik toe Cecil Afrika, die strydros wat lank beseer was, in die tweede helfte gaan druk het. Die drie is voorafgegaan deur ’n systap en vaartversnelling – iets lipleklekker.

Die Blitsbokke se volgende wedstryd is om 15:10 teen Kenia.

* Puntemakers:

Suid-Afrika 22 (7): Drieë: Muller du Plessis, Cecil Afrika, Branco du Preez, Mfundo Ndhlovu. Doelskop: Branco du Preez. Wallis 7 (0): Drie: Joe Goodchild. Doelskop: Joe Goodchild.

Meer oor:  Sewesreeks  |  Wallis  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.