Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke maak planne vir geelkaarte

Een van die dinge waaraan daar die afgelope paar dae in die Blitsbok-kamp aandag gegee was, is om gebeurlikheidsplanne in plek te hê indien spelers by die Olimpiese Spele met geelkaarte van die veld gestuur word.

Lubabalo Dobela sit vandeesweek af op ’n lopie in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Die nasionale sewesspan is tans in Johannesburg vir ’n oefenkamp waar die afrigtingspan die laaste skaafwerk voor die Spele doen. Die Spele begin op 23 Julie in Tokio.

Renfred Dazel, hulpafrigter van die Blitsbokke, was Saterdag tevrede nadat die span weer, soos Vrydag, oefenwedstryde teen die All Stars gespeel het.

“Ek dink die eerste paar dae was van groot waarde. Daar is baie dinge, veral takties en tegnies, waaraan ons tuis (in Stellenbosch) aandag gegee het wat ons wil implementeer indien daar geelkaarte in die toernooi is,” sê Dazel.

’n Paar spelers van die nasionale sewesspan vandeesweek in Johannesburg. Foto: Gallo Images

“Ons is redelik gelukkig met hierdie week en ook die wedstryde die afgelope twee dae. Ek dink die voorbereiding en beplanning is baie belangrik vir ons.

“In hierdie stadium toets ons baie kombinasies met die jong manne soos Ronald (Brown) en Lubabalo (Dobela). Hulle is spelers wat nog nie die Springbok-sewesspan verteenwoordig het nie.”

Die groep sal die komende week verder voorberei in die Goudstad, met wedstryde wat vir volgende naweek beplan word. Dit is die laaste geleentheid wat die spelers kry om ’n kleim af te steek om ’n vliegkaartjie na Japan te kry.

“Ek dink volgende week is baie belangrik vir ons, omdat die groep ná die wedstryde (volgende naweek) verklein moet word,” sê Dazel.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Blitsbokke  |  Renfred Dazel  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.