Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke moet voete in nuwe stadion vind

’n Onbekende nuwe stadion wag op die gekweste Blitsbokke wanneer die Sydney-sewestoernooi Saterdag in Australië begin.

Die vierde toernooi in Wêreldrugby se sewesreeks sal vanjaar die eerste keer in die Western Sydney-stadion beslis word – ’n stadion wat in April 2019 geopen is.

Die Blitsbok Angelo Davids soek die afgelope naweek deurkomkans teen Engeland. Links is Stedman Gans en Chris Dry. Foto: Getty Images

Suid-Afrika lek nog sy wonde ná sy rampspoedige toernooi die afgelope naweek in Hamilton, Nieu-Seeland, toe hy met die 10de plek tevrede moes wees.

Tog glo Neil Powell, die Blitsbokke se afrigter, nie die nuwe stadion gaan sake vir sy span nog verder bemoeilik nie – al gaan Suid-Afrika nie die geleentheid hê om vooraf op die veld te oefen nie.

“Oral waar jy kom, lyk die velde maar min of meer dieselfde. Hulle is 100 meter by 65, 60 of 70 meter, so hulle lyk maar oral dieselfde.

“Die tienmeter- en die kwartlyn sit op dieselfde plek, so ek dink nie dit sal so ’n groot invloed op die toernooi hê nie.

“Ons het ook in elk geval Donderdag ’n geleentheid om by die stadion in te gaan en ons daarvan te vergewis. Dat ons kan sien waar alles, soos die kleedkamers, is. Ons sal darem ook op die veld kan stap en sien hoe hard dit is.

“Maar ons het ongelukkig nie ’n geleentheid om hierdie week op die veld te oefen nie. Die ouens sal egter presies weet hoe alles lyk en voel voordat ons Saterdag begin speel,” sê Powell.

Jy kan sien die ouens is seer van die naweek se vertoning. Maar ons is stelselmatig besig om die dinge om te swaai en die ouens weer positief te kry.
Neil Powell

Hy erken die spelers herstel nog van die emosionele skade wat die afgelope naweek se misoes die span berokken het.

“Ons is uit die aard van die saak teleurgesteld oor die manier waarop ons gespeel het. Ons praat mos nooit oor die uitslag nie.

“Hoe dinge nie vir ons uitgewerk het nie en hoe dit amper ’n geval was dat hoe harder ons probeer het, hoe slegter dit gegaan het.

“Jy kan sien die ouens is seer van die naweek se vertoning. Maar ons is stelselmatig besig om die dinge om te swaai en die ouens weer positief te kry.

“Daar is nog ’n paar dae oor. Ons het vandag (Dinsdag) ’n baie goeie dag gehad, wat baie sal bydra om die spelers hul selfvertroue te laat terugkry. Hopelik kan ons elke dag hierdie week op die oefenveld ’n verbetering toon,” sê Powell.

Suid-Afrika het al drie keer vantevore, 2008, 2009 en 2017, daarin geslaag om die Australiese sewestoernooi te wen.

Powell was in 2008 die span se kaptein toe Suid-Afrika die titel gewen het.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Sewes  |  Sydney-Sewestoernooi  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.