Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke nou ook sonder Selvyn

Dewald Human het Maandagaand inderhaas op die vliegtuig geklim om hom by die Blitsbokke in Parys aan te sluit.

Dewald Human moes hom inderhaas by die Blitsbokke in Parys aansluit. Foto: Getty Images

Dié 24-jarige spelskepper is na die span opgeroep in die plek van Selvyn Davids, wat hom weens persoonlike redes aan die span moes onttrek.

Die Blitsbokke kom die naweek in die laaste toernooi van die huidige seisoen in Wêreldrugby se sewesreeks in Parys te staan.

Human, wat die Blitsbokke by geleentheid in 2018 aangevoer het, was dié seisoen vroeg in Februarie (in Sydney) laas in aksie, voordat hy in onguns verval het.

Maar moenie dink dié boorling van Uniondale gaan Parys toe om ’n toeris te wees nie.

“Hopelik kan ek weer bydra en help om die standaarde te handhaaf wat oor die afgelope paar seisoene daargestel is.

“Ek verwag dat coach Neil (Powell, afrigter van die Blitsbokke) ons gaan aansê om onsself op die veld te geniet. Die harde werk is gedoen.

“Dit was nou ’n rukkie wat ek nie vir die span in aksie was nie, so ek sal vinnig moet aanpas. Maar ek sien daarna uit,” sê Human.

* Human is die derde verandering wat Powell sedert die afgelope naweek se toernooi in Londen aan sy span moes aanbring. Stedman Gans (hand) en Kurt-Lee Arendse (harsingskudding) sal ook nie in aksie wees nie. Hul plaasvervangers, Cecil Afrika en Mfundo Ndhlovu, het hulle Dinsdagoggend in Parys aangemeld.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Blitsbokke  |  Dewald Human
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.