Die Blitsbokke is steeds onoorwonne by die sewestoernooi in Hongkong nadat hulle Skotland Saterdag uit hul pad gevee het.

Selvyn Davids Foto: Gallo Images
Suid-Afrika het vier drieë gedruk om met 26-10 te wen, maar weer soos in hul eerste wedstryd (teen Japan) allermins ’n afgeronde vertoning gelewer.
Die Blitsbokke was gevaarlik wanneer hulle die bal die werk laat doen het, maar het hulle aan ’n hele paar foute by die afbreekpunte skuldig gemaak.
Die Skotte het boonop vroeg in die wedstryd omgekeerde besit bewerkstellig.
Suid-Afrika se laaste groepwedstryd is om 09:22 teen Samoa. Die Samoane het Japan vroeër met 31-21 geklop.
* Puntemakers:
Blitsbokke 26 (12): Drieë: Selvyn Davids, Stedman Gans, Ryan Oosthuizen, Branco du Preez. Doelskoppe: Davids, Justin Geduld, Du Preez.
Skotland 10 (0): Drieë: Jamie Farndale, Tom Brown.