Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke se ‘prokureur’ sat vir die kantlyn

Die laaste tyd het die Blitsbok Ryan Oosthuizen nie net die aksie op die speelveld van die kantlyn af dopgehou nie, hy bekyk ook gereeld sake op ’n afstand as hy by prokureurs gaan inloer.

Ryan Oosthuizen probeer ’n Nieu-Seelander in die Los Angeles-sewestoernooi vroeg in 2020 ontglip Foto: Gallo Images

Oosthuizen (25) begin vandeesweek weer saam met die nasionale sewesspan oefen nadat hy laat verlede jaar ’n dyspierbesering opgedoen het.

Nie dat daar veel kans vir stilsit vir dié Stellenbosser van geboorte was nie. Hy is verlede jaar getroud en tussendeur het hy skouer aan die wiel gesit met sy studies in die regte.

“Ek het die klomp vrye tyd wat ek gehad as gevolg van Covid-19 benut deur meer aandag aan my studies te gee. Op die oomblik is ek in my vierde jaar en sal volgende jaar met my LLB-graad klaar wees,” sê Oosthuizen.

“Ek shadow nou ook op my afdae by prokureurs om meer ondervinding te kry en so ook geleenthede van die veld af te skep.”

Die Blitsbokke speel Donderdag en Vrydag teen die Stellenbosch Sportakademie en die Russiese klubspan Narvskaya Zastava.

Die speelkans sal die Suid-Afrikaners help met hul voorbereiding vir die Olimpiese Spele later vanjaar.

Toe dié spanne verlede maand slaags was, het Ronald Brown die aksie weens ’n ligte enkelbesering misgeloop. Hy sal egter reg wees om dié week sy staal te toon.

Oosthuizen, ’n voorspeler in sewesrugby, erken dit is ’n frustrasie om langs die kantlyn te wees, maar dat dit steeds sy mikpunt is om aan die Spele in Tokio deel te neem.

“Ons bestuurspan probeer hul bes om kragmetings vir ons te reël, so ek sien baie uit om weer te speel en myself te bewys.

“Die tyd weg van die spel laat ’n mens net meer en meer besef hoe gelukkig ons is om ’n sport te kan speel waarvoor ons so lief is. Ek is beslis gemotiveerd om my beste te lewer met elke geleentheid wat ek kry,” sê Oosthuizen.

Kurt-Lee Arendse sit voet in die hoek vir die Blitsbokke teen Japan in ’n wedstryd in die Kaapstad-sewestoernooi in 2019. Foto: Gallo Images

Die blitsige Kurt-Lee Arendse het hom vandeesweek weer in Stellenbosch by die Blitsbokke aangesluit nadat hy verlede seisoen vir die Bulle in vyftienman-rugby uitgeblink het.

Stedman Gans, wat ook by die Pretorianers was maar die eindstryd van die Curriebeker-reeks weens ’n dyspierbesering misgeloop het, is nog nie terug by die Blitsbokke nie.

Meer oor:  Sewes  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.