Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke se spel ‘skokkend’, sê kaptein

Die Blitsbokke sal hulself bitterlik vinnig moet regruk as hulle enigsins ’n kans wil staan om ’n aanspraakmaker op die sewestitel in Las Vegas te wees.

Philip SnymanFoto: Getty Images

Só het Philip Snyman Saterdag gesê ná twee uiters middelmatige pogings deur die Suid-Afrikaanse sewesspan op die eerste dag van die toernooi.

Nadat die Blitse ’n ewigheid gevat het om aan die gang te kom teen Japan in hul eerste wedstryd en uiteindelik met 26-0 as oorwinnaars uit die stryd getree het, het Chili so byna vir ’n opskudding gesorg deur Neil Powell se span tot ’n gelykopuitslag van 5-5 te dwing.

In hul tweede kragmeting was Suid-Afrika eenvoudig pateties met hul afronding en kon hulle net nie die talle geleenthede wat na hul kant toe gekom het, benut nie.

Suid-Afrika speel boonop Sondagoggend (SA tyd) vir Engeland in hul laaste groepwedstryd in ’n wedstryd wat as reg of weg beskou kan word.

“Dit was skokkend en amper ’n skande,” het Philip Snyman, die span se kaptein, ná die Chili-wedstryd gesê.

“Die vertoning teen veral Chili, wat nie eens een van die kernspanne in die reeks is nie, was nie ’n Blitsbok-trui werd nie. Ons sal hard na onsself moet kyk voordat ons teen Engeland te staan kom.”

Volgens Snyman was veral die uitvoering van basiese vaardighede onaanvaarbaar.

“Ons kon nie eens ons eie lynstane wen nie en het so baie geleenthede gehad om punte aan te teken, maar het niks daarvan gebruik nie.”

Suid-Afrika soek na ’n vyfde titel in Amerika, maar dit sal ’n merkwaardige ommeswaai verg om Sondag die beker omhoog te hou in Las Vegas.

Sou die Blitse teen Engeland vasval en Chili daarin slaag om vir Japan oortuigend te klop, kan Suid-Afrika nog voor die kwarteindrondes uitgeboender word.

Meer oor:  Philip Snyman  |  Las Vegas  |  Blitsbokke  |  Sewesreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.