Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke sit Engelse ore aan in Vegas

’n Kragvertoning deur JC Pretorius het die Blitsbokke in staat gestel om Engeland by die sewestoernooi in Las Vegas kaf te draf.

JC Pretorius/Foto: Gallo Images

Suid-Afrika het vyf drieë gedruk om Sondagoggend (SA tyd) met 29-12 te wen.

Die Blitsbokke het die laaste tyd onder kritici deurgeloop oor hul spel, maar teen die Engelse was die Suid-Afrikaners op hul kop.

Pretorius het nie net beïndruk wanneer hy die bal in die hand gehad het nie, maar ook by die losgemale. Ook Ryan Oosthuizen het sy lyf op die spel geplaas, met Justin Geduld wat goeie spasie vir die spelers aan sy buitekant geskep het.

Die oorwinning beteken dat die Blitsbokke eerste in hul groep eindig en teen die gasheer, Amerika, in die kwarteindronde te staan kom. Die wedstryd begin Sondagoggend (SA tyd) om 04:10. Jy sal straks nie spyt wees dat jy jou wekker gestel het nie.

*Puntemakers: Suid-Afrika 29 (10): Drieë: Philip Snyman, Siviwe Soyizwapi, Justin Geduld, JC Pretorius, Selvyn Davids. Doelskoppe: Branco du Preez, Davids. Engeland 12 (5): Drieë: Tom Bowen, Charlton Kerr. Doelskop: Will Edwards.

Meer oor:  Justin Geduld  |  Las Vegas  |  Blitsbokke  |  Jc Pretorius  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.