Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke sit Skotte ore aan in Singapoer

Die Blitsbokke het met ’n kliniese vertoning op die aanval vorendag gekom om Skotland in hul eerste wedstryd in die sewestoernooi in Singapoer te oorheers.

Werner Kok Foto: Getty Images

Suid-Afrika het ses drieë gedruk om die Skotte Saterdag met 36-10 af te ransel nadat hulle rustyd met 12-10 voor was.

En watter vertoning was dit nie? Wanneer die Blitsbokke die bal in die hand gehad het, was daar meestal probleme vir die Skotte.

Watter plesier is dit nie om te sien hoe Werner Kok die bal van ’n afskop af voor die neus van die Skotte gryp om onder die pale te gaan druk nie? Of Justin Geduld wat met ’n voet aangee Siviwe Soyizwapi vir sy tweede drie oorstuur.

Suid-Afrika se volgende wedstryd is om 09:40 teen Kanada.

Puntemakers:

Suid-Afrika 36 (12):Drieë: Branco du Preez, Werner Kok, Impi Visser, Siviwe Soyizwapi (2), Angelo Davids. Doelskoppe: Du Preez (2), Selvyn Davids,

Skotland 10 (10): Drieë: Max McFarland (2)

Meer oor:  Justin Geduld  |  Werner Kok  |  Blitsbokke  |  Sewesrugby  |  Sewesreeks  |  Skotland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.