Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke slag Japan op Twickenham

Die Blitsbokke het sewe drieë gedruk om Japan Saterdag sonder moeite in sy eerste wedstryd van Wêreldrugby se sewesreeks in Londen te klop.

Branco du Preez / Foto: Getty Images

Suid-Afrika het Japan in elke faset van die spel ore aangesit en daar was meer as genoeg tekens dat die Blitsbokke hul oog op ’n plek in die eindstryd het.

Werner Kok het goeie sportmanskap gewys toe hy sy spanmaat Branco du Preez, wat in sy 70ste toernooi speel, toegelaat het om sy drie te “druk”. Kok was regdeur Japan se verdediging vroeg in die wedstryd, maar het onder die pale gewag totdat Du Preez by hom was voordat hy die bal vir hom aangegee het om af te rond.

Dit was ’n kliniese vertoning deur die Blitsbokke, met ’n aanslaan deur Muller du Plessis wat omtrent die enigste flater was.

Die Blitsbokke se volgende wedstryd is om 15:26 teen Kanada. Die Kanadese het Argentinië in hul eerste wedstryd met 14-12 geklop.

* Puntemakers:

Suid-Afrika 49 (28): Drieë: Kurt-Lee Arendse (2), Branco du Preez, Justin Geduld, Siviwe Soyizwapi, Selvyn Davids, Sakoyisa Makata. Doelskoppe: Du Preez (4), Davids (3).

Japan 0.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.