Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke sluit dag onoorwonne af

Die Blitsbokke kom Sondag in die kwarteindronde van die sewestoernooi in Londen teen Australië te staan.

Kurt-Lee Arendse / Foto: Gallo Images

Suid-Afrika het ses drieë gedruk om Argentinië in hul laaste groepwedstryd Saterdag met 40-21 te klop.

Met dié oorwinning het die Blitsbokke die eerste dag onoorwonne afgesluit en boaan Groep A geëindig, terwyl die Aussies tweede in Groep D klaargemaak het.

Suid-Afrika was in ’n klas van sy eie teen die Argentyne en het sonder ongemak male sonder tal gemaak wat hulle wou. Daar was wel ’n tyd in die tweede helfte dat die Blitsbokke dalk vir ’n wyle in hul dop gekruip en die Argentyne twee keer gaan druk het.

Kurt-Lee Arendse en Werner Kok was straks die Blitsbokke se grootste uitblinkers van die eerste dag.

Arendse beskik oor vaart en ’n oog vir ’n gaping, terwyl Kok omtrent alomteenwoordig is.

* Sondag se wedstryd is om 11:58.

* Puntemakers:

Suid-Afrika 40 (21): Drieë: Siviwe Soyizwapi (2), Kurt-Lee Arendse, Stedman Gans, Muller du Plessis, Werner Kok. Doelskoppe: Branco du Preez (3), Selvyn Davids (2).

Argentinië 21 (7): Drieë: Germán Schulz, Franco Sábato (2). Doelskoppe: Lautaro Bazan Velez, Gastón Revol.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.