Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke span vier groentjies in

Die Blitsbok-agterspeler Angelo Davids sal die naweek in Nairobi as haker diens doen by Kenia se sewestoernooi.

Davids (20) het verlede seisoen sy buiging vir die Suid-Afrikaanse sewesspan gemaak en beïndruk met sy vaart en werkverrigting.

Angelo Davids doen die naweek diens as voorspeler in Kenia. Foto: Getty Images

Dié oud-leerling van die Hoërskool Stellenberg in die Kaap het ook vroeër vanjaar as vleuel vir die Junior Bokke uitgedraf.

Renfred Dazel, hulpafrigter van die Blitsbokke, wat die span na Kenia as hoofafrigter sal vergesel, sê dié skuif is vooraf beplan.

“Angelo en coach Neil Powell (afrigter van die Blitsbokke) het die skuif bespreek en albei is opgewonde om te sien hoe dit werk. Die hele idee van toernooie soos hierdie is om nuwe dinge te beproef en te sien hoe dit werk.

“Dit is nie beperk tot struktuur en bewegings nie, maar ook spelers soos in Angelo se geval.

“Uit die aard van die saak het die posisie van haker in sewes sy eie uitdagings, maar Angelo is ’n intelligente sewesspeler, wat die spel baie goed verstaan,” sê Dazel.

Renfred Dazel, hulpafrigter van die Blitsbokke. Foto: Gallo Images

Dit is natuurlik nie ’n nuutjie dat agterspelers in sewesrugby versool word as voorspelers nie. Werner Kok het verlede seisoen die suksesvolle oorgang van agter- na voorspeler gemaak.

Die gereelde kaptein, Siviwe Soyizwapi, sal ’n span aanvoer wat ander gereelde Blitsbok-brekers soos Impi Visser, Selvyn Davids, Cecil Afrika en Stedman Gans insluit.

Daar is ook vier spelers wat hul debute maak. Divan Enslin, Andrew Kota, Darren Adonis en Shilton van Wyk sal die eerste keer ’n proesel van sewesrugby op nasionale vlak kry.

Enslin is ’n oud-skolier aan die Hoër Jongenskool Paarl en tans ’n student by Maties. Kota is ’n oud-leerling van Welkom-Gimnasium, terwyl Adonis Curriebeker-rugby vir die Vrystaat-Cheetahs gespeel het.

Van Wyk het vanjaar vir die Boland-Kavaliers in die SuperSport-uitdaagreeks gespeel.

* Kok, wat ingestaan het as leenspeler by die Franse klubspan Toulouse, sal hom binnekort weer in Stellenbosch by die Blitsbokke aansluit.

* Nog ’n Blitsbok-span, onder Powell se leiding, sal die naweek daarna in Manchester aan ’n toernooi deelneem.

 Blitsbokke: Divan Enslin, Angelo Davids, Impi Visser, Luyanda Mngadi, James Murphy, Shilton van Wyk, Andrew Kota, Selvyn Davids, Darren Adonis, Cecil Afrika, Siviwe Soyizwapi (k), Stedman Gans.

Meer oor:  Sewes  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.