Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke speel gelykop teen Chili

Chili het vir ’n effense opskudding gesorg deur Saterdagoggend (SA tyd) gelykop te speel teen die Blitsbokke by die sewestoernooi in Las Vegas.

Selvyn Davids Foto: Gallo Images

Die telling van 5-5 vlei Suid-Afrika eintlik, want die span van Suid-Amerika het goeie rugby opgedis en was veral klinies by die afbreekpunte.

Met speeltyd verby het JC Pretorius ’n gaping geslaan en het dit gelyk of ’n sege tog vir Suid-Afrika beskore is, maar helaas het die kykweer gewys dat hy die bal oor die doellyn verloor het. Die drie is gevolglik nie toegeken nie.

Dit som dalk die Blitsbokke se vertoning die beste op: ’n klomp geleenthede wat nie benut is nie. ’n Aangee van Werner Kok na Siviwe Soyizwapi wat verlore gegaan het en Selvyn Davids wat by geleentheid nie sy springers in ’n lynstaan kon vind nie.

Dit was klein foutjies wat die Blitsbokke gekniehalter het, maar teen sterker spanne kan dit tot hul ondergang lei.

Haal egter jou hoed af vir Chili. Dié groep mag dalk net met 13 toernooie se ondervinding spog, maar hulle het gewys dat veggees jou ver kan bring.

Suid-Afrika se laaste groepwedstryd is Sondag om 00:08 (SA tyd) teen Engeland.

Suid-Afrika het in hul eerste kragmeting vir Japan met 26-0 omgedop.

Die Britte het Chili met 22-0 geklop en vir Japan met 31-12 uit die weg gevee.

Straks die grootste opskudding is deur Argentinië gelewer wat die hoogaangeskrewe Amerika met 26-24 geklop het.

* Puntemakers: Suid-Afrika 5 (5): Drie: Branco du Preez. Chili 5 (0): Drie: Benjamin de Vidts.

Meer oor:  Jc Pretorius  |  Selvyn Davids  |  Las Vegas  |  Blitsbokke  |  Sewesrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.