Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke speel VSA deurmekaar

Die Blitsbokke het met ’n reuse-spanpoging vorendag gekom om Amerika op sy baadjie te gee en hul plek in die eindstryd van die sewestoernooi in Singapoer te bespreek.

Stedman Gans het die Yanks laat bontstaan op die aanval in die spanne se kragmeting in Singapoer. Foto: Getty Images

Suid-Afrika het Amerika, die voorloper op die algehele puntelys, Sondag met 24-12 in die halfeindronde geklop.

Dit was ’n spanpoging soos min, met die samespel tussen die Blitsbokke wat ondersteuners se harte laat warm klop het.

Om te sien hoe Justin Geduld ’n aangee vir Impi Visser gee terwyl hy geduik word, en dié gaan druk, is ’n ander soort lekker.

Suid-Afrika kom nou in die eindstryd (om 13:00) teen Fidji te staan. Die Fidjiane het Engeland in die ander halfeind met 26-12 geklop.

Puntemakers:

Suid-Afrika 24 (12): Drieë: Siviwe Soyizwapi, Stedman Gans, Impi Visser, Strafdrie. Doelskop: Branco du Preez.

Amerika 12 (0): Drieë: Stephen Tomasin, Joe Schroeder. Doelskop: Madison Hughes.

Meer oor:  Singapoer  |  Blitsbokke  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.