Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke stuur Keniane huis toe
Suid-Afrika se Selvyn Davids. Foto: Gallo images

Die Blitsbokke is steeds sterk op pad om die Kaapstad-sewestoernooi te wen, nadat hulle Kenia Sondag in die kwarteind uit die pad gevee het.

Suid-Afrika het die besoekers met 17-5 geklop.

Die Keniane het eerste gaan druk toe Alvin Otieno vir die besoekers oorgedraf het.

Die tuisspan was hierna vol planne en het ’n paar goeie aanvalle geloods, voordat Ruhan Nel ná ’n kraglopie naby die doellyn die tuisspan se eerste drie gedruk het.

Met die rustyd was die telling nog gelyk (5-5), maar Suid-Afrika het na die beter span gelyk.

Van Nel gepraat: Hy was waarskynlik sy span se beste speler. Hy het sterk gehardloop en nie geskroom om werk te soek nie.

Vroeg in die tweede helfte het Rosko Specman bietjie van sy Specmagic gewys deur ’n skop veldaf te loods. Ofskoon hy nie gaan druk het nie, het die gevolglike lynstaan hierna op Nel se tweede drie uitgeloop.

Teen die einde het Selvyn Davids ’n steekskoppie oor die Keniane se koppe met die tweede sprong bemeester om die eindtelling bo alle twyfel te plaas.

Justin Geduld het Suid-Afrika op die veld gelei, met die kaptein, Siviwe Soyizwapi, wat op die plaasvervangersbank was. Soyizwapi is ook Saterdag as impakspeler gebruik, met Dylan Sage wat die Blitsbokke toe op die veld gelei het.

Die Keniane se plan was duidelik om die Blitsbokke fisiek te oordonder. Maar hulle het vergeet ’n paar Suid-Afrikaners floreer as dinge rof en onbeskof raak.

Iemand soos Geduld, byvoorbeeld. Hy was duidelik in sy element en het laat in die wedstryd een van die groot Keniane geduik dat die besoeker huis toe verlang het.

* Die Blitsbokke kom om 14:39 teen die wenner van die kwarteindstryd tussen Frankryk en Argentinië te staan.

Puntemakers:

Suid-Afrika 17 (5): Drieë: Ruhan Nel (2), Selvyn Davids. Doelskop: Justin Geduld.

Kenia 5 (5): Drie: Alvin Otieno.

Meer oor:  Ruhan Nel  |  Kaapstad  |  Sewesrugby  |  Wereldreeks  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.