Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke trap Kenia in laaste wedstryd
Die Blitsbok Ruhan Nel. Foto: Gallo Images

Die Blitsbokke het die toernooi in Stellenbosch ter voorbereiding van die Olimpiese Spele met ’n sege teen Kenia in hul laaste wedstryd afgesluit.

Suid-Afrika 1, soos die span in die toernooi bekend staan, het die Keniane Saterdag met 31-5 geklop.

Die Suid-Afrikaners se eerste drie is deur Sako Makata gedruk ná ’n skoppie deur Selvyn Davids. Davids het sy span se tweede drie gedruk nadat hy ’n skoppie van Justin Geduld opgevolg het.

Soos soveel maal die afgelope twee naweke gesien is, is skoppe ’n belangrike pyl in die Suid-Afrikaners se koker.

Van Geduld gepraat, almal ken sy vermoë op die aanval, maar hy het ook meer as een keer goeie duikslae uitgevoer.

Tog was dit nie ’n foutlose vertoning deur die Blitsbokke nie. Daar was ’n hanteerfout of twee en ’n paar duikslae wat verbrou is. Maar dit is nie ’n krisis nie, eerder dinge waaraan aandag gegee kan word.

Die Blitsbokke se kaptein, Siviwe Soyizwapi, het weens ’n besering nie teen die Keniane gespeel nie. Sy plek in die groep is ingeneem deur Shilton van Wyk.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Sewes  |  Neil Powell  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.