Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke troef Fidji in doodsnikke
Siviwe Soyizwapi, kaptein van die Blitsbokke. Foto: Getty Images

Die Blitsbokke het Sondag die Oktoberfest-sewesrugbytoernooi in München, Duitsland, gewen deur Fidji in die eindstryd te klop.

Suid-Afrika het met 12-10 geseëvier, nadat sy kaptein, Siviwe Soyizwapi, in die doodsnikke oorgeduik het om die telling gelyk te maak. Oorgeduik is eintlik oordrewe, want Soyizwapi het die helderheid van verstand gehad om nie naby die hoekie te druk nie, maar om om te draf, sodat hy die bal nader aan die pale kon plant.

Dit het Dewald Human in staat gestel om die twee punte vir die oorwinning met ’n doelskop by te voeg.

Neil Powell, afrigter van Suid-Afrika, was agterna vol lof vir sy span.

“Ek dink dit was ’n goeie poging deur die spelers, ons is egter steeds nie waar ons wil wees nie, maar dit is nog vroeg in die seisoen.

“Dit is moeilik om karakter by spelers te kweek, maar hulle het vandag baie daarvan gewys.”

Hoewel dit eintlik nog in die voorseisoen is, is die sege oor Fidji nie te versmaai nie. Die einste Fidjiane is die Olimpiese kampioen en die heersende kampioen van Wêreldrugby se sewesreeks en het Suid-Afrika al baie keer die afgelope jaar of twee in trane gehad.

Suid-Afrika het Duitsland vroeër Sondag met 17-12 in die halfeind geklop, nadat hy op die eerste dag met Nieu-Seeland (19-12), Engeland (24-7) en Australië (26-19) in die groepwedstryde afgereken het.

Meer oor:  Siviwe Soyizwapi  |  Sewes  |  München  |  Blitsbokke  |  Dewald Human  |  Oktoberfest
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.