Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke troef Samoa in Hongkong

Die Blitsbokke het hul derde oorwinning in die sewestoernooi in Hongkong behaal om boaan Groep A te eindig.

Justin Geduld word deur ’n speler van Samoa beetgekry. Foto: Getty Images

Suid-Afrika het Samoa Saterdag met 21-7 geklop, met Werner Kok wat sy 100ste drie in Wêreldrugby se sewesreeks gedruk het.

Die Blitsbokke kom nou Sondag 04:58 (SA tyd) teen die naaswenner van Groep D in die kwarteindronde te staan. Wallis het vroeër vir ’n yslike verrassing gesorg deur Amerika, die voorloper op die punteleer van die reeks, met 21-19 te verslaan.

Dit kan beteken dat Suid-Afrika en Amerika reeds in die kwarteind mekaar kan raakloop.

Stedman Gans het die veld vroeg in die wedstryd teen Samoa met vermoedelik harsingskudding verlaat.

*Puntemakers:

Suid-Afrika 21 (7): Drieë: Impi Visser, Justin Geduld, Werner Kok. Doelskoppe: Branco du Preez (2), Selvyn Davids.

Samoa 7 (0): Drie: Tomasi Alosio. Doelskop: Murphy Paulo.

Meer oor:  Werner Kok  |  Justin Geduld  |  Hongkong  |  Blitsbokke  |  Samoa  |  Sewesreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.