Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke vee Zimbabwe uit pad

In ’n sopnat en reënerige Stellenbosch het die Blitsbokke hul eerste wedstryd Saterdag in ’n toernooi ter voorbereiding van die Olimpiese Spele met ’n sege begin.

Die Blitsbok Selvyn Davids het Saterdag teen Zimbabwe uitgeblink. Foto: Gallo Images

Die Blitsbokke, genoem Suid-Afrika 1, het Zimbabwe met 36-0 geklop op die laaste dag van die toernooi.

Selvyn Davids het Suid-Afrika se eerste drie gedruk nadat Ruhan Nel met Zimbabwe op die aanval daarin geslaag het om die balbesit te verseker.

Nel het goed vertoon en met ’n paar duikslae vorendag gekom.

Die tuisspan se tweede drie was deur JC Pretorius nadat hy ’n lynstaanbal bemeester het en toe met ’n systap of twee vorendag gekom het voordat hy gaan druk het.

Teen rustyd was die telling 10-0 in Suid-Afrika se guns.

Die Blitsbokke se derde drie was deur Davids, nadat hy sy eie skoppie opgevolg het.

Hoewel Zimbabwe nooit gelyk het of hy die wedstryd kan wen nie, het die span tog met ’n fisieke aanslag vorendag gekom. En dit is presies wat die Blitsbokke nodig het om voor te berei vir die Spele.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Sewes  |  Neil Powell  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.