Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke was trui nie waardig, sê kaptein

“Ons was nie waardig om die Springbok-sewestrui oor ons koppe te trek nie.”

Philip Snyman

Dis die eerlike en reguit woorde wat Philip Snyman, kaptein van die Blitsbokke, geuiter het nadat sy span gister op dag een van die Las Vegas-sewestoernooi ’n teleurstellende begin gehad het. Die Blitse het in die eerste twee groepwedstryde gesukkel teen Japan en Chili en kon nooit die uitklophou teen die twee sogenaamde kleintjies plant nie.

Dinge het maar stotterend met die taamlik onervare Springbok-sewesspan gegaan.

Hulle kon eers ná ’n gestoei Japan met 26-0 klop nadat die span teen rustyd met slegs 7-0 voor was.

In die stryd teen Chili het die telling met 5-5 gelykop geëindig. Die Chilene is nie eens ’n gevestigde span in Wêreldrugby se Sewesreeks nie en is as kampioen van Suid-Amerika op uitnodiging by die Vegas-toernooi.

Volgens Snyman was die vertoning teen Chili onaanvaarbaar.

“Die wedstryd teen Chili was regtig swak en ons kon net nie toeslaan nie. Ons kon nie die geleenthede gebruik nie. As dit ’n sterker span in die reeks was, sou hulle ons geklop het.”

Teen Japan het Branco du Preez in die eerste helfte die doellyn oorgesteek voordat Impi Visser, Selvyn Davids en Mfundo Ndhlovu, in sy eerste wedstryd terug ná ’n besering, almal in die tweede helfte agter die Japanners se doellyn gaan kuier het.

Teen Chili het die Blitse se wiele egter heeltemal afgekom. Nes in die vorige paar toernooie het die span foute gemaak wat nie eie aan hul spel is nie.

Du Preez het ná net vier minute gaan druk en dit het gelyk of die Suid-Afrikaners dié stryd op ’n drafstap sou wen, want hulle het die Chilene hot en haar oor die veld gejaag, maar deurkom was egter min.

Rustyd was die Blitse darem nog 5-0 voor, maar net voor die einde het Chili die gelykmakende drie behaal. Die doelskop was net-net mis, wat die Blitse nóg groter verleentheid in Las Vegas gespaar het.

Meer oor:  Philip Snyman  |  Sewesreeks  |  Wêreldrugby  |  Blitsbokke  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.