Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke weer in aksie; spelers ‘oefen hard’

Ná ’n droewige 2020 waartydens hulle minder as ’n handvol sewestoernooie gespeel het, gaan die Blitsbokke uiteindelik terugkeer tot die internasionale speelveld.

Tien maande ná hulle die laaste keer in aksie was, in Kanada, kan die Blitsbokke uiteindelik uitsien na ’n mededingende toernooi. Foto: Gallo Images

’n Toernooi in Spanje volgende maand is die eerste proesel sewesrugby wat die Blitsbokke in ’n jaar sal kry nadat byna al hul toernooie verlede jaar weens die koronaviruspandemie afgelas is.

Dié toernooi sal goud werd wees vir die Blitse in hul opbou tot die Olimpiese Spele, wat geskeduleer is om in Julie en Augustus plaas te vind.

Agt spanne – Argentinië, Amerika, Ierland, Frankryk, Kenia, Spanje, Portugal en Suid-Afrika – sal in ’n bioborrel in Madrid meeding, in wat die eerste internasionale sewestoernooi in ’n jaar sal wees.

Die toernooi sal oor twee naweke beslis word, met wedstryde wat op die Vrydae, Saterdae en Sondae beslis sal word.

“Voorlopig word slegs een toernooi in die Wêreldreeks beplan vir voor die Spele – in Londen,” het Neil Powell, die Blitsbokke se afrigter, die afgelope week gesê. “Dit sal rondom 10 tot 15 Junie wees, maar dis nog nie finaal bevestig nie.

“Ons sou drie toernooie voor die Spele gehad het. Die toernooi in Madrid bied ons gelukkig die kans om ’n byna volsterkte span oor te stuur, want ons gaan vroeër eerder as later ons groep vir die Spele bekend moet maak.

“Daar is moontlik ’n soortgelyke toernooi met agt spanne in ’n bioborrel vir Dubai ook wat kan plaasvind. In sulke borrels kan ons slegs die hotel verlaat wanneer ons gaan speel en oefen.”

Volgens Powell verkies hulle die lewe in ’n borrel bo geen rugby. Sy spelers, sê hy, is behoorlik uitgehonger om terug op die veld te kom. Die Blitsbokke het verlede Maart in Vancouver, Kanada, laas in ’n mededingende toernooi gespeel.

“Jy kan ook net vir so lank oefen,” sê Powell. “Dis moeilik om die spelers gemotiveerd te hou as daar nie iets is om voor te werk nie. Nou is daar darem iets om na uit te sien.

“Baie spanne het tyd gehad om dinge moontlik anders te begin doen, so dit gaan interessant wees. Ek dink ons gaan (die Madrid-toernooi) so ’n bietjie blind binne.”

Powell het onthul dat sy span die verdedigingsbloudruk van die Springbokke in plek probeer stel. Sy Blitse het al voorheen met groot sukses opskietverdediging as ’n wapen gebruik, maar hy wil sien dat dit perfek uitgevoer word.

“Ons wil die groep ná die toernooie in Spanje en Dubai kleiner maak.”

Powell het ook bevestig dat hy nog in die rigting van spelers soos Cheslin Kolbe en Kwagga Smith kyk. Hul betrokkenheid sal straks afhang van hoe sake uitspeel rondom die Britse en Ierse Leeus-toer.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Olimpiese Spele  |  Bioborrel  |  Blitsbokke  |  Spanje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.