Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitse bespreek plek in halfeind
Cecil Afrika druk sy drie vir die Blitsbokke. Foto: Jaco Marais

Suid-Afrika het sy plek in die halfeindronde van die Kaapstad-toernooi van sewesrugby se Wêreldreeks bespreek deur Wallis met 33-0 te klop.

Net soos op die eerste dag (Saterdag) was die Blitsbokke op hul beste op die verdediging en aanval met die Walliesers wat heeltemal van hul voete af gespeel is.

Die Blitsbokke se sege het dalk teen ’n duur prys gekom met Seabelo Senatla wat in die wedstryd ’n bobeenbesering opgedoen het.

Senatla het een van die Blitse se drieë gedruk voordat hy die veld moes verlaat.

Indien Senatla nie genoegsaam herstel nie, is daar ’n sterk kans dat Siviwe Soyizwapi kan speel.

Die Blitsbokke pak Nieu-Seeland in die een halfeindstryd van die toernooi. Die Kiwi’s het Kenia met 28-7 geklop.

Regstreeks: Dag 2 Kaapstad-sewestoernooi

Soyizwapi is deel van die Blitsbokspan wat in die Kaapstad-toernooi speel, maar kan net as deelnemende speler betrek word sou iemand ’n besering opdoen.

’n Besluit oor of Senatla verder aan die toernooi sal deelneem, sal later in die dag geneem word, met Suid-Afrika se halfeindstryd teen Nieu-Seeland wat om 16:34 afskop.

Puntemakers: Suid-Afrika 33 (19) – Drieë: Seabelo Senatla, Cecil Afrika, Chris Dry, Ruhan Nel, Rosko Specman. Doelskoppe: Branco du Preez, Cecil Afrika (2), Geduld.

Wallis 0 (0).

Meer oor:  Kwarteind  |  Wallis  |  Sewes  |  Blitsbokke  |  Kaapstad  |  Kwarteindronde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.