Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitse het Powell laat kopkrap
Selvyn Davids was een van die groot uitblinkers die naweek in Stellenbosch. Foto: Gallo Images

Ná die afgelope naweek se toernooi in Stellenbosch, waar die Blitsbokke slyp vir die Olimpiese Spele, erken dié span se afrigter, Neil Powell, daar was tye dat hy effens bekommerd was.

Twee nasionale spanne, Suid-Afrika 1 en 2, was saam met Kenia, Zimbabwe en Uganda asook die Stellenbosch-Sportakademie in aksie.

Vir die rekord het SA 1 al vyf sy wedstryde gewen, terwyl SA 2 net teen Kenia vasgeval het.

Behalwe die slypkans, is die wedstryde die ideale geleentheid vir Powell en sy bestuurspan om te sien of hulle planne met die oog op die Spele op koers is.

“Ek was gister ’n bietjie bekommerd. Uit die aard van die saak is dit twee spanne wat nie regtig saamgeoefen het nie, wat ons twee dae voor die tyd bymekaargesit het,” het Powell Sondag gesê.

Uit die aard van die saak is dit twee spanne wat nie regtig saamgeoefen het nie, wat ons twee dae voor die tyd bymekaargesit het.
Neil Powell

“Dit is hoekom ons die toernooie reël: Om nou die foute te maak, sodat ons dit hopelik reg kan hê teen die tyd van die Spele.”

’n Ander belangrike doel van die wedstryde is natuurlik dat dit in die geval van die spelers proewe is. Die wedloop om plekke in die span na Tokio is nog wawyd oop.

Angelo Davids het Sondag ’n paar keer sy vaart ten toon gestel. Foto: Gallo Images

Daar was spelers wat beïndruk het, soos Ruhan Nel, wat ’n paar kraglopies ingekry het, en Angelo Davids, wat sy vaart ten toon gestel het. Davids was Saterdag maar aan die stillerige kant en het ’n hanteerfout begaan, maar Sondag baie beter gespeel.

Maar die groot uitblinker was Selvyn Davids (27). Dié Davids het spoed, speel met selfvertroue en het ’n aanvoeling vir die spel. Boonop is hy iemand wat dinge laat gebeur.

Die twee nasionale spanne vir die afgelope naweek het ’n mengsel van ervare spelers en jongelinge van die nasionale sewesakademie bevat.

Dit was dus moeilik om te bepaal watter spelers in die binnebaan vir ’n plek na die Spele is. Tog is die verwagting dat Powell se spankeuses vir die tweede toernooi, Vrydag en Saterdag, so effens die aap uit die mou sal laat.

Aanduidings is daar dat iemand soos Muller du Plessis die komende naweek speelkans sal kry. Hy was weens ’n skeet nie die naweek in aksie nie.

Meer oor:  Neil Powell  |  Angelo Davids  |  Stellenbosch  |  Suid-Afrika  |  Sewes  |  Sewesrugby  |  Olimpiese Spele  |  Afrigter  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.