Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitse kry slae, maar is boaan puntelys

Hulle het nou wel op hul baadjie gekry in die Sydney-toernooi, maar die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan se tweede plek in die Australiese stad het hulle weer die vroeë voorloper op die Wêreldreeks se puntelys gemaak.

Daar is kommer oor die beskikbaarheid van die Blitsbok-kaptein, Philip Snyman, in Hamilton.

Die Blitsbokke moes met 0-29 die knie voor die tuisspan, Australië, buig nadat hulle as die groot gunsteling die derde en laaste dag se spel betree het.

Nietemin pronk Suid-Afrika met 58 punte in die eerste plek op die reeks se puntelys, gevolg deur Nieu-Seeland met 54. Die Aussies (43) se sukses in hul agterplaas het hulle ’n massiewe sprong tot in die derde plek laat gee. Argentinië (41) – bronsmedaljewenner in Sydney – en Fidji (40) rond die voorste vyf spanne op die puntelys af.

Voor Sondagaand se vernedering het die Blitsbokke die goeie werk van die eerste twee dae voortgesit deur Kenia in ’n bekerkwarteindstryd met 17-0 te klop. In die bekerhalfeindronde het die Blitsbokke Amerika met 35-7 verwoes.

Australië het Nieu-Seeland in ’n kwarteindstryd uitgeskakel en toe Argentinië gemaklik uit die weg gevee om ’n eindstryd teen die wêreld se voorste span te bespreek.

Dit is egter die Aussies wat in die groot wedstryd soos brekers gelyk het deur van die Blitsbokke se eie medisyne uit te deel met tieragtige verdediging en kliniese afronding wanneer geleenthede vir drieë opgeduik het.

Die Blitsbokke moes sonder twee van hul beste spelers in die eindstryd speel, met die kaptein, Philip Snyman, en Ruhan Nel wat beserings opgedoen het.

Dit lyk of Nel vroeër as verwag vanaf Australasië sal terugkeer met ’n kniebesering, terwyl die aard van Snyman se besering nog nie bekend is nie.

Dit gaan ekstra harde werk van die Blitsbokke verg in Saterdag en Sondag se volgende toernooi in Hamilton, Nieu-Seeland, om aan hul voorste plek vas te hou as hulle die dienste van Snyman en Nel verloor.

Dit gaan ekstra harde werk van die Blitsbokke verg in die volgende toernooi in Hamilton, Nieu-Seeland, om aan hul voorste plek vas te hou as hulle die dienste van Snyman en Nel verloor.

Die Suid-Afrikaners spog egter met hope talent in hul akademie in Stellenbosch, terwyl Sikhumbuzo Notshe vir die eerste keer sedert hy besluit het om sewesrugby te kom speel, ook nou sy geleentheid sal wil aangryp om ’n bydrae in sy eerste volle toernooi te maak.

Die Stormers-losvoorspeler het as ’n reserwe saam met die span na Sydney gereis, maar is in die eindstryd betrek, met Snyman en Nel onbeskikbaar vir Sondag se eindstryd.

Suid-Afrika is weens sy tweede plek in Groep B ingedeel vir die Hamilton-toernooi, met Engeland, Rusland en Papoea-Nieu-Guinee sy teenstanders.

Meer oor:  Philip Snyman  |  Ruhan Nel  |  Hamilton  |  Nieu-Seeland  |  Sewesrugby  |  Beserings  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.