Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbokke oorkom Keniane in Parys

Die Blitsbokke het vyf drieë ingeryg om Kenia in hul tweede wedstryd van die sewestoernooi in Parys Saterdag uit die pad te vee.

Cecil Afrika Foto: Getty Images

Maar daar was ’n paar benoude oomblikke toe Kenia teen rustyd met 12-10 voorgeloop het. Dit sou ’n paar ondersteuners onrustig gestem het.

Suid-Afrika het egter in die tweede helfte uitgegaan en hul stempel op die wedstryd afgedruk. Impi Visser wat op ’n losbal toesak en dan gaan druk, of Muller du Plessis wat ’n beweging afrond, net om ’n paar voorbeelde te noem.

Branco du Preez was die Blitsbokke se groot uitblinker. Hy het die wedstryd goed gelees en met ’n skoppie hier of ’n systap daar geleenthede vir sy spanmaats geskep.

Die Blitsbokke se laaste wedstryd van die dag is om 18:58 teen Australië. Die Keniane het vroeër verras deur met 19-elk gelykop te speel teen die Aussies.

Puntemakers:

Suid-Afrika 29 (10): Drieë: Muller du Plessis (2), Siviwe Soyizwapi, Impi Visser, Mfundo Ndhlovu. Doelskoppe: Dewald Human (2). Kenia 12 (12): Drieë: Jacob Ojee, Andrew Amonde. Doelskop: Michael Wanjala

Meer oor:  Kenia  |  Sewesreeks  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.