Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitse pak Kenia 3de toernooi in ry in Kiwiland
Ruhan Nel vir die Blitsbokke teen Kenia in aksie in die Kaapstad-sewestoernooi. Suid-Afrika en die Keniane se paaie kruis volgende maand weer in Nieu-Seeland. Foto: Gallo Images

Kenia, Engeland en Japan is die spanne met wie die Blitsbokke gaan moet afreken as hulle volgende maand in die Hamilton-sewestoernooi ’n plek in die uitkloprondes wil bespreek.

Suid-Afrika se sewesrugbyspan is Vrydag saam met dié teenstanders in Groep B geloot vir die Wêreldreeks-toernooi, wat op 25 en 26 Januarie in Nieu-Seeland beslis word.

Die Blitsbokke en Kenia se paaie het dié seisoen reeds twee keer gekruis, met oorwinnings van 17-12 in Dubai en 17-5 (in die kwarteindronde) in Kaapstad oor die Oos-Afrikaland.

Suid-Afrika en Engeland het ook in Dubai swaarde gekruis, met die Blitse wat met 19-14 aan die wenkant was.

In Kaapstad het SA en Japan in die groepfase ontmoet en het die tuisspan die Japannese met 49-0 oorrompel.

Groep D sal straks die een wees waarin die meeste vonke in Hamilton gaan spat. Fidji is saam met Argentinië, Australië en Samoa geloot.

Nieu-Seeland is saam met Skotland, Wallis en Amerika in Groep A.

Die Blitsbokke en Kiwi’s is tans saam boaan die puntelys nadat hulle onderskeidelik die toernooie in Dubai en Kaapstad gewen het.

Die Blitsbokke en Kiwi’s is tans saam boaan die puntelys nadat hulle onderskeidelik die toernooie in Dubai en Kaapstad gewen het.

Neil Powell (afrigter) se span sal in Nieu-Seeland sonder staatmakers soos Ruhan Nel, Seabelo Senatla, Dylan Sage en Rosko Specman wees, want hulle keer terug na hul onderskeie vyftienman-spanne vir die komende Superrugby-reeks. – Sportredaksie

* Kyk hier na die Blitsbokke teen Kenia in die Kaapstad-toernooi:

 
Meer oor:  Ruhan Nel  |  Hamilton  |  Nieu-Seeland  |  Kenia  |  Suid-Afrika  |  Wereldreeks  |  Kiwi's  |  Blitsbokke  |  Sewesrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.