Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blommetjies floreer op vleuel
Clayton Blommetjies (links) en Rhyno Smith bespreek strategie in die wedstryd teen die Ospreys vroeër die seisoen in Neath, Wallis.Foto: Getty Images

Franco Smith, voormalige afrigter van die Cheetahs, het geglo jy kies nie ’n vleuel of ’n heelagter nie, jy kies ’n speler wat in albei daardie posisies kan speel.

Dít is een van die redes waarom Clayton Blommetjies die skuif van die laaste vesting na linkervleuel naatloos gemaak het.

Blommetjies, wat sedert sy aankoms by die Cheetahs op heelagter sy deugde getoon het, is vleuel toe geskuif, met Rhyno Smith die speler wat nou die nr. 15-trui dra.

Blomme (29), soos sy spanmaats hom noem, sê die skuif aan die begin van die huidige Pro14-seisoen was nie ’n groot aanpassing nie.

Volgens Blommetjies was Smith ’n groot voorstander van veelsydige spelers in die agterste driehoek en daarom was dit nie vir hom ’n groot aanpassing om vleuel toe te skuif nie.

“Ek het vorentoe gekyk en vir myself gesê gee net jou beste en hou aan speel soos toe jy heelagter was,” sê Blommetjies oor hoe hy die oorgang benader het.

Blommetjies het sedert sy terugkeer na Bloemfontein – ná ’n seisoen by die Scarlets in Wallis – in sewe van die Cheetahs se 10 Pro14-wedstryde vleuel gespeel.

“Dit het nog nooit oor myself gegaan nie, maar oor die 23-tal wat gekies word. Dit bly ’n eer vir my om die Cheetah-trui oor die kop te trek, dit maak regtig nie saak of my naam nou eerste of laaste neergeskryf word nie.”

Die Cheetahs het die wind van voor gekry nadat hulle die Pro14-seisoen met drie indrukwekkende oorwinnings tuis begin het en drie agtereenvolgende nederlae op toer gely het. Daarna het hulle ook teen die verwagting in Italië vasgeval teen Zebre.

Die prentjie lyk nou weer anders nadat hulle die laaste twee naweke twee oorwinnings oor die Southern Kings behaal het.

“Om oorsee te gaan speel, is heel anders as hier by die huis, dis maar altyd ’n gespook. Ons aanvaar enigiets daar is moontlik en ek het gedink die eerste toerwedstryd teen Connacht kon enige kant toe gegaan het.

“Ons was teleurgesteld oor van die besluite van die skeidsregter. Daar was duidelik besluite wat in ons guns moes gewees het.”

Hy gee toe die komende toer na Ierland en Wallis gaan ook taai wees.

“Dit gaan nie oor wie ons teenstanders is nie, maar eerder om altyd net ons beste te lewer. Ek moet toegee dat Leinster (die voorloper in die afdeling) ’n goeie span is.

“Om hom te kan klop, moet ons hou by wat ons ken en ons nie vasstaar teen die feit dat hy die verdedigende kampioen is nie.”

Meer oor:  Pro14  |  Rhyno Smith  |  Cheetahs  |  Clayton Blommetjies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.