Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blou Bul-skrummie, WP-haker help
Die Blou Bul-skrumskakel Theo Maree kan dalk volgende week sy debuut vir die Kings teen Connacht maak.Foto: Gallo Images

Met die beseringspook wat steeds loop by die Southern Kings, is daar ’n paar nuwe gesigte in die Oos-Kapenaars se toergroep vir volgende week se Pro14-wedstryd teen Connacht in Ierland.

Theo Maree en Chad Solomon word onderskeidelik by die Blou Bulle en die Westelike Provinsie geleen.

Maree sal op skrumskakel moet uithelp, aangesien die Kings in Stefan Ungerer net een fikse skrumskakel het.

Maree sal op skrumskakel moet uithelp, aangesien die Kings in Stefan Ungerer net een fikse skrumskakel het.

Ungerer was self ’n paar weke buite aksie met ’n beenbesering en nou sukkel Josh Allderman, Sarel Pretorius en Gavin Mills weer almal met die een of ander skeet.

Maree het in 2016 die eerste keer vir die Blou Bulle-vyftiental gespeel. Hy was in 2017 drie keer vir die Pumas en verlede jaar een keer vir die Blou Bulle in aksie.

Solomon is nader geroep aangesien Alandré van Rooyen ’n besering in die Kings se vorige wedstryd teen die Ospreys opgedoen het.

Die Kings leen ook weer die gesoute haker Chad Solomon by die WP. Foto: Gallo Images

Dis nie die eerste keer dat die Kings vir Solomon by die WP leen nie.

Dié gesoute haker, wat ook al ’n paar keer vir die Stormers gespeel het, het die Kings aan die begin van die seisoen ook in ’n opwarmingswedstryd teen Namibië uitgehelp.

Scott van Breda, die heelagter wie se skopskoen die Kings se sege teen die Ospreys help verseker het, word ook weer by die Worcester Warriors geleen.

Met die stutte Juan Schoeman en De-Jay Terblanche ook daar, het die Kings dus die keer vyf leenspelers in die toergroep.

Schoeman sal sy laaste wedstryd vir ’n wyle vir die Kings speel voor hy na die Haaie terugkeer.

Terblanche word glo net vir ’n kort tydperk by die Pumas geleen. Ná die Kings se wedstryd teen Connacht het hulle ’n paar weke blaaskans en hopelik sal van die Kings se eie beseerde voorrymanne dan weer reg wees vir aksie.

Twee spelers wat weens beserings lank laas gespeel het, die voorryman Gareth Heidtmann en die vleuel Yaw Penxe, bevind hulle ook eindelik weer in die prentjie en toer saam na Galway.

Kings se toergroep:
Voorspelers: Aston Fortuin, Bobby de Wee, Chad Solomon, De-Jay Terblanche, Elrigh Louw, Gareth Heidtmann, Jacques du Toit, Jerry Sexton, Juan Schoeman, Ruaan Lerm, Thembelani Bholi, Tienie Burger, Xandre Vos. Agterspelers: Theo Maree, Bader Pretorius, Erich Cronje, Howard Mnisi, JT Jackson, Scott van Breda, Sibusiso Sithole, Siya Masuku, Stefan Ungerer, Yaw Penxe.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Europa  |  Kings  |  Rugby  |  Skrumskakel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.