Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle se Xander ná 7 maande uit tronk

Xander Janse van Rensburg, voormalige hoëprestasiebestuurder van die Blou Bulle Maatskappy, is uit die tronk vrygelaat nadat hy sewe maande van sy vonnis van drie jaar in Pretoria uitgedien het.

Janse van Rensburg is Vrydagmiddag vrygelaat nadat hy ’n sesde van sy vonnis volgens art. 276 van die strafwet uitgedien het.

Janse van Rensburg is tot drie jaar tronkstraf gevonnis op 13 aanklagte van korrupsie. Hy is bykomend opgeskorte vonnisse van onderskeidelik vyf en twee jaar op ander aanklagte van diefstal opgelê.

Xander Janse van Rensburg

Oelof de Meyer, sy prokureur, het aan Rapport bevestig dat Janse van Rensburg die hoofstuk as afgesluit beskou. Hy wil nou met sy lewe aangaan.

“Ek het met hom gepraat en my houding is soos syne.

“Hy het ’n fout gemaak. Dit is ’n hoofstuk in sy lewe wat nou afgesluit is. En hy gaan nou oor begin met sy lewe,” het De Meyer aan Rapport gesê.

Janse van Rensburg moes ook R509 019 aan sy voormalige werkgewer terugbetaal, waarvan R200 000 teen 14 Desember verskuldig was. Hy het die maatskappy en van sy werknemers en beamptes oor ’n tydperk van minstens drie jaar bedrieg en besteel en persoonlike voordeel daaruit geput deur sy magsposisie te misbruik.

Die staat het in die klagstaat aangevoer Janse van Rensburg het van 2015 tot 2019 “wederregtelik en opsetlik bedrae geld ontvang”, wat as belonings beskryf word.

Nollis Marais, wat in 2015 as die Bulle se hoofafrigter aangestel is, het op 23 Oktober 2015 ’n bedrag van R58 900 aan Janse van Rensburg betaal en op 24 September 2016 nog R30 000. Anton Leonard, ’n voormalige hulpafrigter van die span, het op 27 September 2016 ook R30 000 in sy rekening inbetaal.

Een van die ander klagte het gehandel oor drie koshuise wat die BBM bestuur het waar jong spelers gehuisves is. Die spelers moes jaarliks R5 000 betaal (aan Janse van Rensburg) vir “huishoudingsdoeleindes”.

Hy het ook wederregtelik betaling onder spelers ingevorder vir Garmin-sporthorlosies.

Janse van Rensburg het skielik in Februarie 2019 weens “gesondheidsprobleme” by die BBM bedank.

’n Ondersoek het glo ongerymdhede aan die lig gebring en daar is glo ook R300 000 in kontant in sy kantoor se lessenaar by Loftus Versfeld gevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.