Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blues verydel Crusaders se hoop
Hoskins Sotutu van die Blues strek vir een van sy twee drieë teen die Western Force. Foto: Getty Images

Dit is die Blues wat die Highlanders sal inwag in volgende week se eindstryd van die Trans-Tasmaniese Superrugby-reeks.

Die span van Eden Park het nie net hul eie lot nie, maar ook dié van die Crusaders in hul hande gehad voordat hulle met 31-21 oor die Western Force geseëvier hier.

Die Blues moes net die wedstryd wen om hul plek in die eindstryd te bevestig met ’n nederlaag wat die Crusaders die Highlanders sou sien pak.

Met ’n begeesterde vertoning deur sy agtsteman Hoskins Sotutu sou die Crusaders verskoon word as hulle teen die tyd wat die rustydfluitjie geblaas het, reeds die televisie afgesit het.

Twee drieë deur Sotutu, tesame met Mark Telea en Dalton Papalii wat ook agter die doellyn gedraai het, het beteken dat die Blues gaan water skep het met ’n voorsprong van 28-0.

Die Australiërs se poging in die eerste helfte was rigtingloos, terwyl die Nieu-Seelanders elke geleentheid aangegryp het wat na hulle kant gekom het.

Die tweede helfte was egter ’n verhaal van teenoorgesteldes.

Die Force het so byna die Blues die skrik op die lyf gejaag toe Feleti Kaitu’u, Tevita Kuridrani en Rob Kearney afgerond het, met Otere Black se strafdoel die enigste punte wat die Blues ná rustyd by hul telling kon voeg.

Die Blues se blitskrieg in die eerste helfte was egter genoeg om hulle deur te sien. – Sportredaksie

* Puntemakers:

Blues 31 (28): Drieë: Hoskins Sotutu (2), Mark Telea, Dalton Papalii. Doelskoppe: Otere Black (4). Strafdoel: Black.

Western Force 21 (0): Drieë: Feleti Kaitu’u, Tevita Kuridrani, Rob Kearney. Doelskoppe: Ian Prior (2), Domingo Miotti.

Meer oor:  Blues  |  Western Force  |  Crusaders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.