Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blues reken af met Highlanders

Diegene wat op ’n drieëfees in die eindstryd van die Trans-Tasmaniese rugbyreeks gehoop het, sou teleurgesteld gewees het, maar dit was steeds ’n opwindende kragmeting, met die Blues wat koning gekraai het.

Die Blues het die Highlanders Saterdag met 23-15 in Auckland geklop.

Akira Ioane, flank van die Blues, laat Saterdag die bal loop in die eindstryd van die Trans-Tasmaniese reeks. Foto: Getty Images

Teen rustyd was die telling 13-6, met die Blues wat die enigste drie van die eerste helfte gedruk het. In die tweede helfte het die wenspan goed op die aanval vertoon, met iemand soos Rieko Ioane (senter) wat ’n keer of wat die Highlanders se verdediging besig gehou het.

Die Highlanders was egter nie bereid om bes te gee nie. Hulle het vir ’n vale verdedig – wat die Blues foute onder druk laat maak het.

’n Mens het die idee gekry dat die span wat die eerste drie van die tweede helfte druk, op die voorvoet sou wees. Eerder as dat daar vinnig ’n drie gedruk is, het Mitch Hunt in die 60ste minuut drie punte bygevoeg met ’n strafdoel. Dit het die telling 13-9 – weliswaar steeds in die Blues se guns – gemaak.

Maar ná daardie strafdoel het die Highlanders gebiedsvoordeel geniet en ’n paar goeie rolmaalbewegings uitgevoer. Toe Hunt ’n paar minute later nog drie punte met nog ’n strafdoel bysit, was die Highlanders slegs een punt agter.

Net oomblikke daarna het Josh Ioane (heelagter) ook drie punte bygevoeg met ’n strafdoel, wat die Highlanders die voortou laat neem het.

Met minder as 12 minute speeltyd oor het dit begin lyk of die skoppers gaan bepaal wie wen, want Harry Plummer het kort daarna weer die Blues voor gekry deur drie punte met ’n strafdoel by te voeg. Die telling was toe 16-15.

Blake Gibson het kort voor die einde sy span se tweede drie gedruk om ’n oorwinning buite die bereik van die Highlanders te plaas.

Puntemakers: Blues 23 (13): Drieë: Mark Telea, Blake Gibson. Doelskoppe: Otere Black, Harry Plummer. Strafdoele: Plummer (2).

Highlanders 15 (6): Strafdoele: Mitch Hunt (4),  Josh Ioane. 

Meer oor:  Auckland  |  Trans-Tasmaanse Reeks  |  Rugby  |  Highlanders  |  Blues
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.